Island View 28
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Island View-keeromstraat 28, La Paloma, Blouberg, 7441, Wes-Kaap
- Vanaf R2 770 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Island View 28 is 'n sjiek en luukse selfsorgwoonstel wat in die lewendige area van Big Bay, Kaapstad geleë is. Dit kan die ideale opsie wees vir 'n groep vriende of toeriste wat die pragtige Moederstad wil verken, want die woonstel spog met 'n uitsig op die ikoniese Tafelberg.
Dié dubbelverdiepingwoonstel het moderne geriewe en bied slaapplek aan 6 gaste. Dit beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers sowel as 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die derde slaapkamer 'n koningingrootte-bed het. Gaste in hierdie 2 slaapkamers deel die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Vars witlinne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea is op die boonste verdieping en het 'n stylvolle kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, wynkoeler, Nespresso-masjien, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die kombuis lei na 'n ontbythoekie met 'n kaggel, knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Bykomend is daar 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye kan geniet. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.
Die leefarea lei na 'n beskutte sonkamer met gemaklike sitplek sowel as 'n ingeboude braai met die ideale plek vir oggendkoffie en 'n skemerkelkie. Die woonstel is naby die strand met restaurante, kroeë, winkelsentrums, asook voetslaan- en fietsryroetes.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Host Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 759
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Island View-keeromstraat 28, La Paloma, Blouberg, 7441, Wes-Kaap
- Gaste dink Island View 28 het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Big Bay Bloubergstrand Kaapstad Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Island View-keeromstraat 28, La Paloma, Blouberg, 7441, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang