Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Island View 35

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Island View-keeromstraat 35, La Paloma, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 360 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Island View is 'n luukse selfsorgwoonstel wat net 'n kort entjie se stap vanaf die strandfront in die gewilde Big Bay, Bloubergstrand geleë is, en is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n strandwegbreek terwyl hulle die pragtige Moederstad verken.

Dié ruim en helder dubbelverdiepingwoonstel bied slaapplek aan 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers asook 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n privaat balkon en is ingerig met 'n koningingrootte-bed asook 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Die leefarea beskik oor 'n oopplan-ontwerp met 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, koffiemasjien, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Boonop is daar 'n vermaakarea met 'n etenstafel op die boonste vlak wat uitloop op 'n balkon wat spog met uitsigte oor die Atlantiese Oseaan. Deur die skuifdeure van die leefarea is daar 'n ruim balkon met 'n buite-eettafel asook 'n ingeboude braai.

Bloubergstrand is ideaal vir gesinsvakansies, want dit beskik oor talle doendinge soos swem, branderplankry, visvang, vlieërbranderry en ander watersport.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 3
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Bad, Toilet
Badkamer 2

Stort, Bad, Toilet
Badkamer 3

Toilet

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Host Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 689

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Island View-keeromstraat 35, La Paloma, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 360
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R3 360
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Island View-keeromstraat 35, La Paloma, Big Bay, 7441, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA997a519f05046a975e5e2e5ead3ec3b978a7e50e9436571a9ff5db364cac44ea3408bf6dd760554bfbb3316e2555853463d6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 360 per nag (plek vir 6) 35 Island View Close La Paloma 7441 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.779813 18.455184

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang