Ivory Sands Selfsorg / Selfcatering
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 13 Jan 2025 tot 28 Feb 2025.
- Kapasiteit: 16 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Crocodile-weg 241, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
-
Vanaf
R8 000R5 334 per nag (plek vir 16)
Beskrywing
Welkom by Ivory Sands selfsorgvakansiehuis.
Ons boshuis is geleë in ons Suid-Afrikaanse trots, Marloth Park. Die Krokodilrivier skei ons van die beeldskone Krugerwildtuin.
Laat Ivory Sands jou tuiste wees vir jou gesin.
Ons selfsorg-eenhede is opgedeel in twee dele: die hoofhuis en enkelkamers met en suite-badkamers.
Die hoofhuis bevat 'n volledige kombuis, leefarea en voorportaal.
Op die boonste verdieping is daar 'n ruim kamer met 'n en suite-badkamer. Langsaan is daar wat ons die familie-eenheid noem. Dit bestaan uit twee losstaande badkamers, met een badkamer.
Op die grondvloer is daar ook 'n familie-eenheid, twee losstaande kamers met een badkamer.
Op die stoep het ons weer enkelkamers wat nie deel is van die hoofhuis nie. Elke kamer het sy eie sleutel en is meer privaat. Die kamers bied slaapplek vir twee persone en het elk 'n en suite-badkamer.
Ons beeldskone tuine word dikwels besoek deur die wilde diere. Die tuin bevat 'n groot swembad en 'n kleiner swembad om die Marloth-son af te skit. Ons beveel aan dat jy gereeld in die koel waters swem.
In ons tuin is daar 'n ruim onthaalarea, 'n lekker lapa met braaigarriewe, 'n gasplaat en 'n buite-etenstafel vir daardie feesmaal van die eeu of oggendkoffie loer in die boom en raai die voeltjie se "koo-koo".
Ons het ook 'n heerlike boma waar ons die beste kokke uitdage om hul wenpotjie te laat prut.
Dit is 'n mondvol, ons weet.
Hier is kort opsomming:
Die huis bied slaapplek vir 16 volwassenes. Elke kamer het 'n lugversorger en daar is 'n gratis data-bedrag opgelaai in elke kamer. Let wel: ons is 'n selfsorg-eenheid.
Verder sorg jy self vir jou behoeftes.
Ons het gasgeisers en 'n gasstoof.
Wi-Fi is gratis.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
2 x Kinderbed vir 1
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Crocodile-weg 241, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Crocodile-weg 241, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang