Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Izikulu

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: North Beach-weg 3, Isikulu 20, Umdloti, 4319, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Izikulu is 'n selfsorgwoonstel in die kusdorpie Umdloti. Dit is stapafstand vanaf puik restaurante en die hoofstrand.

Die woonstel het 2 slaapkamers, 2 badkamers, en lugversorging. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n aparte badkamer met 'n bad, wasbak en toilet.

Die kombuis en sitarea is oopplan. Eersgenoemde is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, eetgerei, breekware, en 'n ontbythoekie. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV. Hierdie vertrek lei na 'n ruim stoep met 'n tafel en stoele, en 'n gasbraai. Besoekers staan gewoonlik in verwondering voor die see-uitsig.

Die kompleks spog met 'n gemeenskaplike swembad. Daar is 1 veilige onderdak-parkeerplek en heelwat oop parkeerplekke beskikbaar. 'n Skoonmaakdiens kan gereël word op versoek en teen 'n addisionele koste. Daar is ape op die perseel.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  • Diens op aanvraag

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Eetkamer
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Pieter K
Gesin met klein kinders
5.0
See you soon again! Excellent communication and convenient parking. Loved the quiet and peaceful atmosphere. The place was clean, well-...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Heinrich P
Gesin met klein kinders
5.0
Naby strand, goed toegerus. Baie lekker. Veilige parkeerplek. See-uitsig is baie mooi.
Jun 2024
Rachel V
Besigheidsreis
5.0
Baie lekker gekuier in 'n baie skoon en netjiese omgewing. Die verblyf was fantasties. Die plekkie is skoon en netjies, met alles wat jy nodig het. Di...
Sien meer
Jun 2024
Philip F
Gesin met tieners
5.0
Lekker. Lekker baie goeie bestemming.
Mrt 2024
Minette M
5.0
Sal definitief weer gebruik maak van Izinkulu. Die verblyf was baie aangenaam. Pragtige uitsig, stil omgewing. Heerlike verblyf.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Liezel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • North Beach-weg 3, Isikulu 20, Umdloti, 4319, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Izikulu het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: North Beach-weg 3, Isikulu 20, Umdloti, 4319, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4c05719db0be66c226dcfb75dd1eaf2d8fa5208e751a7e0d84d132382394ba23c6c36555aff1bd73249be0a0418023d25344?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4) 61 5 1 5 53 North Beach Road 20 Isikulu 4319 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.659462670742 31.124026179314

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang