Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Izinkwe Lodge

  • Kapasiteit: 44 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kruisrivier Plaas 74JS, Groblersdal, 0470, Limpopo
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Izinkwe Lodge is 'n skilderagtige wildlodge in die Loskopvallei, 60 km vanaf Middelburg in Mpumalanga. Dit is net 2 uur vanaf Pretoria, en 15 km vanaf Loskopdam. Izinkwe Lodge bied gaste 'n rustige wegbreek en 'n unieke safari-ervaring.

Die lodge het 'n hoofkamp, selfsorg-eenhede, tentkampe asook 'n privaat boshut.

Die hoofkamp word as 'n eenheid verhuur en beskik oor 6 chalets, elk met 1 slaapkamer, 'n en suite-badkamer en tee- en koffiemaakgeriewe. Hierdie kamers bied slaapplek aan 2 gaste elk. Daar is 2 gesinskamers by die hoofkamp en elkeen akkommodeer 'n gesin van hoogstens 5. Hierdie kamers het ook 'n en suite-badkamer en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Gedeelde kombuis, kroeg, braai-area en 'n kouewaterswembad is ook deel van die hoofkamp.

Die wittebroodsuite het 'n privaat braai-area en 'n volledig toegeruste kombuis.

Die luukse selfsorg-eenhede is almal en suite-eenhede. Elke eenheid het 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, mikrogolf, yskassie, breekware en 'n opwasarea. Daar is 'n privaat braai en sitarea by elke eenheid. Daar is 'n swembad by die selfsorg-eenhede.

Die 2 safari-tente het elk 'n privaat badkamer, braai-area, en daar is geen elektrisiteit nie. Daar is 'n donkie vir warm water maar geen krag nie. Die kombuis is toegerus met 'n gas- en koolstoof, en al die nodige breekware en eetgerei. Albei tente het toegang tot 'n swembad wat net in die somer volgemaak word. Die Kruisrivier vloei ook in die somer verby die eenhede. Hierdie eenhede is ongeveer 3 km vanaf die hoofkamp.

Die boshuis is stapafstand van die tente af, maar sowat 3 km vanaf die hoofkamp. Dit beskik oor 'n oopplan-slaapkamer en -sitkamer. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n buitebadkamer met 'n buitelugstort en 'n toilet. Die eenheid het sy eie kombuis met 'n gas- en koolstoof, asook 'n lekker braai-area. Daar is 'n yskas vir ys wat daagliks aangevul word. Al die nodige breekware en eetgerei word voorsien. Krag is nie beskikbaar nie, maar die eenheid beskik oor sonkragligte en warm water wat deur middel van 'n donkie voorsien word. Die Kruisrivier vloei verby die huis.

Elke eenheid het beddegoed en badhanddoeke. Gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke en toiletware saambring.

Doendinge by Izinkwe Lodge sluit wildritte, 4x4-roetes, vang-en-vrylaat-hengel, minigholf, swembad en tafeltennis in. Daar is ook stap- en bergfietsroetes. Daar is 2 koue water swembaddens. Daar is geen restaurant of kroeg nie, maar spyseniering kan gedoen word vir funksies. 'n Veldpiekniek kan bespreek word.

Neem asseblief kennis dat geen 2x4-voertuie of sportnutsvoertuie op die 4x4-roete toegelaat word nie. Die paaie is glad nie geskik vir voertuie met lae grondvryhoogte nie. Wildritte kan gereël word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Sekretariële Geriewe
  • Internet
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 105 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Neill D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese plek. Baie stil en netjies.
Jan 2024
Marischka M
Saam met vriende
5.0
Sal definitief weer Izinkwe Lodge besoek. Dankie Denise en Andre vir al jul gasvryheid. Denise and Andre was super gasvry, die res van die personeel w...
Sien meer
Des 2023
Pieter J
5.0
Rustigheid was om jou. Was baie lekker rustig, skakel baie af as jy daar om die kampvuur sit. Die wild loop om die huis soos jy jou self tuis maak was...
Sien meer
Mei 2023
André V
Gesin met tieners
4.6
Stil en rustig. Het die stilte geniet. Vriendelike staff wat baie behulpsaam was.
Mei 2023
Estelle B
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en weg van die stad se gewoel. Baie rustig en huisie was skoon en netjies met alles wat mens nodig het. Personeel was baie vriendelik en het on...
Sien meer
Aug 2022

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Marié Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 105

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Kruisrivier Plaas 74JS, Groblersdal, 0470, Limpopo
  • Gaste dink Izinkwe Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Loskopvallei Limpopo
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 44 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kruisrivier Plaas 74JS, Groblersdal, 0470, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbLbULNx18pE6UbRCLG6B20PexjDamWICCImAGoam7z4oUkmHzj?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 105 5 1 5 Farm Kruisrivier 74JS Groblersdal 0470 Limpopo 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.381045405524 29.484147727489

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang