Izinkwe Lodge
- Kapasiteit: 44 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kruisrivier Plaas 74JS, Groblersdal, 0470, Limpopo
- Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Izinkwe Lodge is 'n skilderagtige wildlodge in die Loskopvallei, 60 km vanaf Middelburg in Mpumalanga. Dit is net 2 uur vanaf Pretoria, en 15 km vanaf Loskopdam. Izinkwe Lodge bied gaste 'n rustige wegbreek en 'n unieke safari-ervaring.
Die lodge het 'n hoofkamp, selfsorg-eenhede, tentkampe asook 'n privaat boshut.
Die hoofkamp word as 'n eenheid verhuur en beskik oor 6 chalets, elk met 1 slaapkamer, 'n en suite-badkamer en tee- en koffiemaakgeriewe. Hierdie kamers bied slaapplek aan 2 gaste elk. Daar is 2 gesinskamers by die hoofkamp en elkeen akkommodeer 'n gesin van hoogstens 5. Hierdie kamers het ook 'n en suite-badkamer en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Gedeelde kombuis, kroeg, braai-area en 'n kouewaterswembad is ook deel van die hoofkamp.
Die wittebroodsuite het 'n privaat braai-area en 'n volledig toegeruste kombuis.
Die luukse selfsorg-eenhede is almal en suite-eenhede. Elke eenheid het 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, mikrogolf, yskassie, breekware en 'n opwasarea. Daar is 'n privaat braai en sitarea by elke eenheid. Daar is 'n swembad by die selfsorg-eenhede.
Die 2 safari-tente het elk 'n privaat badkamer, braai-area, en daar is geen elektrisiteit nie. Daar is 'n donkie vir warm water maar geen krag nie. Die kombuis is toegerus met 'n gas- en koolstoof, en al die nodige breekware en eetgerei. Albei tente het toegang tot 'n swembad wat net in die somer volgemaak word. Die Kruisrivier vloei ook in die somer verby die eenhede. Hierdie eenhede is ongeveer 3 km vanaf die hoofkamp.
Die boshuis is stapafstand van die tente af, maar sowat 3 km vanaf die hoofkamp. Dit beskik oor 'n oopplan-slaapkamer en -sitkamer. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n buitebadkamer met 'n buitelugstort en 'n toilet. Die eenheid het sy eie kombuis met 'n gas- en koolstoof, asook 'n lekker braai-area. Daar is 'n yskas vir ys wat daagliks aangevul word. Al die nodige breekware en eetgerei word voorsien. Krag is nie beskikbaar nie, maar die eenheid beskik oor sonkragligte en warm water wat deur middel van 'n donkie voorsien word. Die Kruisrivier vloei verby die huis.
Elke eenheid het beddegoed en badhanddoeke. Gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke en toiletware saambring.
Doendinge by Izinkwe Lodge sluit wildritte, 4x4-roetes, vang-en-vrylaat-hengel, minigholf, swembad en tafeltennis in. Daar is ook stap- en bergfietsroetes. Daar is 2 koue water swembaddens. Daar is geen restaurant of kroeg nie, maar spyseniering kan gedoen word vir funksies. 'n Veldpiekniek kan bespreek word.
Neem asseblief kennis dat geen 2x4-voertuie of sportnutsvoertuie op die 4x4-roete toegelaat word nie. Die paaie is glad nie geskik vir voertuie met lae grondvryhoogte nie. Wildritte kan gereël word.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Aandete Op Versoek
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Piekniek-middagete
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Sekretariële Geriewe
- Internet
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Marié Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 106
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Kruisrivier Plaas 74JS, Groblersdal, 0470, Limpopo
- Gaste dink Izinkwe Lodge het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Loskopvallei Limpopo
- Kapasiteit: 44 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kruisrivier Plaas 74JS, Groblersdal, 0470, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang