Jackalberry Tented Camp
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkasa Rupara Nasionale Park, Caprivi, 0000, Zambezi
- Vanaf R8 820 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Jackalberry Tented Camp is in die Nkasa Lupala Nasionale Park, voorheen as die Mamili Nasionale Park bekend, geleë. Dié lodge skuil teen die Linyaliriviermonding waar 'n groot deel van die park se wild wei en hulle van die lodge se dek af dopgehou kan word. Namibië se vloedvlaktes en Botswana se boswêreld kan ook van hiér af gesien word.
Daar is 4 struktuurtente waarvan 1 die wittebroodtent is. Elke tent het 'n bedlampie, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n stort met warm water wat deur sonkrag verhit word.
Die hooflodge is rondom 'n groot jakkalsbessieboom gebou en die eerste en tweede verdieping is waar die ontvangsarea, eetkamer, sitkamer en kroeg geleë is. Die tweede verdieping is lekker ruim en het 'n gerieflike sitkamer met 'n ongelooflike uitsig oor die omliggende omgewing. Die onderste verdieping het 'n gemeenskaplike kaggel waar gaste lekker saam kan kuier.
Besienswaardighede in die omgewing sluit Namibië se vloedvlaktes en Botswana se boswêreld net oorkant die rivier in.
Geriewe
- Kroeg
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Restaurant op Perseel
Aktiwiteite op perseel
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Engels
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Suzanne Geverifieer
Eiendomme 21
Resensies 47
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Nkasa Rupara Nasionale Park, Caprivi, 0000, Zambezi
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nkasa Rupara Nasionale Park, Caprivi, 0000, Zambezi
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang