Jacobsbaai Self-catering
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 8ste Draai 4, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
- Vanaf R2 950 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Jacobsbaai Self-catering is 'n lieflike, ruim selfsorgvakansiehuis wat ideaal geleë is, net 200 m van die strand af, in die karaktervolle dorpie, Jacobsbaai, in die Weskus. Die huis is 'n gerieflike 10 minute se ry van die Weskus Mall af.
Die huis het slaapplek vir 'n maksimum van 8 volwassenes en 4 kinders, en beskik oor 4 slaapkamers, 4 dubbelbeddens en 4 enkelbeddens in die leefarea. Die eenheid het 3 badkamers, 'n groot kombuis, 2 leefareas, 3 binnebraai-areas, een met 'n kroeg en gedeeltelike see-uitsigte. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorgdoeleindes.
Die swembad kan deur ’n elektriese verhittingspomp verhit word, as ’n opsionele ekstra teen R250 per nag. Om elektrisiteit te spaar, word die pomp somtyds afgesit as daar nie gaste verwag word nie. Indien gaste wil hê dat die swembad verhit moet word, moet daar 3 dae voor die tyd reëlings getref word. Die swembad word na ongeveer 28 grade Celsius verhit. Alhoewel dit nie so warm soos ’n warmbad is nie, voel dit steeds soos ’n somerswembad in die bosveld. Neem asb. kennis dat die verhitting deur beurtkrag geraak word en mag dalk nie werk tydens beurtkrag wat hoër as vlak 2 is nie.
Al die bure is permanente inwoners en daarom word gaste nie toegelaat om funksies of luidrugtige partytjies te hou wat die bure sal steur nie. Respekteer asb. hierdie beleid.
Die groot grasperk is 'n treffer onder die jongspan en troeteldiere. Die huis is troeteldiervriendelik indien dit vooraf gereël word. Dit is onderhewig aan voorwaardes.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
4 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
- Sitkamer
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Gys Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 127
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- 8ste Draai 4, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
- Gaste dink Jacobsbaai Self-catering het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Jacobsbaai Weskus Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 8ste Draai 4, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang