Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jacobsbaai Self-catering

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8ste Draai 4, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 950 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Jacobsbaai Self-catering is 'n lieflike, ruim selfsorgvakansiehuis wat ideaal geleë is, net 200 m van die strand af, in die karaktervolle dorpie, Jacobsbaai, in die Weskus. Die huis is 'n gerieflike 10 minute se ry van die Weskus Mall af.

Die huis het slaapplek vir 'n maksimum van 8 volwassenes en 4 kinders, en beskik oor 4 slaapkamers, 4 dubbelbeddens en 4 enkelbeddens in die leefarea. Die eenheid het 3 badkamers, 'n groot kombuis, 2 leefareas, 3 binnebraai-areas, een met 'n kroeg en gedeeltelike see-uitsigte. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorgdoeleindes.

Die swembad kan deur ’n elektriese verhittingspomp verhit word, as ’n opsionele ekstra teen R250 per nag. Om elektrisiteit te spaar, word die pomp somtyds afgesit as daar nie gaste verwag word nie. Indien gaste wil hê dat die swembad verhit moet word, moet daar 3 dae voor die tyd reëlings getref word. Die swembad word na ongeveer 28 grade Celsius verhit. Alhoewel dit nie so warm soos ’n warmbad is nie, voel dit steeds soos ’n somerswembad in die bosveld. Neem asb. kennis dat die verhitting deur beurtkrag geraak word en mag dalk nie werk tydens beurtkrag wat hoër as vlak 2 is nie.

Al die bure is permanente inwoners en daarom word gaste nie toegelaat om funksies of luidrugtige partytjies te hou wat die bure sal steur nie. Respekteer asb. hierdie beleid.

Die groot grasperk is 'n treffer onder die jongspan en troeteldiere. Die huis is troeteldiervriendelik indien dit vooraf gereël word. Dit is onderhewig aan voorwaardes.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 1 Leefarea 4 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

4

4 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 127 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Tania V
Gesin met klein kinders
5.0
Lovely relaxing weekend. We really had a good stay. Everything was in the house, very convenient.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024
Emile M
Saam met vriende
5.0
Perfek vir 'n lekker wegbreek met vriende of familie. Geen klagtes. Baie lekker gebly en gekuier.
Jul 2024
Deonette S
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike, ruim, ten volle toegeruste en netjies huis. Vriendelike diens. Baie lekker gekuier!
Apr 2024
Diana L
Saam met vriende
5.0
Fantasties, ek gaan beslis weer. Ek geniet veral die swembad op die stoep. Baie lekker, die plek is fantasties. Ongelukkig word daarvoor die huis gebo...
Sien meer
Jan 2024
Dominique V
Gesin met klein kinders
5.0
Relaxed family breakaway. We had a lovely stay and had everything we needed. Maryna was a lovely host. Gys was very helpful with a coup...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Gys Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 127

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 8ste Draai 4, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jacobsbaai Self-catering het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 950
per nag (plek vir 8)
Vanaf
Vanaf R 2 950
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8ste Draai 4, Jacobsbaai, 7395, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA650226582648f0f349c10415ef7f7200537ac7f34f56de366fa3f6b46480c1e809bfaeee06d78600c945d375f3453936b403?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 950 per nag (plek vir 8) 127 5 1 5 4 8th Turn Jacob's Bay 7395 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -32.972007419982 17.887922823429

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang