Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jacobsdal Inn

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bouwstraat 25, Jacobsdal, 8701, Vrystaat
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Jacobsdal Inn is 'n stylvolle boetiekhotel wat gesofistikeerde oornagverblyf in die hartjie van Jacobsdal bied. Hierdie boetiekhotel met 'n uitsig van die lieflike Noord-Kaapse sonsondergange is sowat 58 km vanaf Kimberley op die N12 geleë en is ideaal vir sakereisigers, paartjies en gesinne.

Jacobsdal Inn het 9 Deluxe-standaarddubbelkamers en 1 Gesinskamer. Die dubbelkamers het elk 'n koningingrootte-bed, en die gesinskamer het 'n koningingrootte-bed en 2 driekwartbeddens. Al die beddens het gehaltelinne en elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook 'n platskerm-TV, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe met 'n koffiemasjien.

Die hotel het konferensiegeriewe, 'n kroeg en spog met 'n lieflike restaurant wat heerlike plaaslike en tradisionele disse eie aan die Noord-Kaap bedien. Gratis WiFi en veilige parkeerplek is ook op die perseel beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Konferensiegeriewe
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.9
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Vidette D
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike kuier in 'n pragtige plek met fantastiese diens! Dit is 'n pragtige gastehuis, smaakvol gemeubileer. Heerlike bed en kwaliteitbeddegoed wat '...
Sien meer
Okt 2024
Ann M
Gesin met tieners
5.0
The place is any traveller's dream with the friendly owner and staff including T. My stay was excellent at a luxurious, highly clean an...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2024
Anthoney V
Gesin met klein kinders
5.0
Quality and affordable. Unbelievable comfort, value for money and friendly staff. Thank you for making our stay one to remember.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Ilouise K
Saam met lewensmaat
5.0
Gemaklik, skoon, luuks. Pragtige luukse kamers, met die mooiste dekor. Baie skoon en netjies. Vriendelike personeel.
Sep 2024
Noah Israel B
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstaande. Baie lekker geslaap en sal die plek altyd aanbeveel aan ander mense. Baie dankie vir alles.
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Sareen Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 13

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Bouwstraat 25, Jacobsdal, 8701, Vrystaat
  • Gaste dink Jacobsdal Inn het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Jacobsdal Karoo Vrystaat
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 22 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bouwstraat 25, Jacobsdal, 8701, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5562874ab7e250907dc7f1b2759485337f5f536f63ebc631413fdcf3050a7c068e6b1b35ecf9e002931f9d6ae942eab6f617?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 13 5 1 5 25 Bouw Street Jacobsdal 8701 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.129883778908 24.77314142209

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang