Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jagersberg

Selfsorg

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Marie V
Kort verblyf
5.0
Sep 2023

Heerlike Karoo-rustigheid. Ek het alleen vir 2 nagte op Jagersberg gaan kuier. Was net lus vir die rustigheid en stilte. Die gasheer, Donald, is egter baie bereid om mens saam te neem op alle plaasaktiwiteite. Ek het ook 'n heerlike Karoo-lam daar gekoop en die braaigeriewe is volop.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Pieter J
Kort verblyf Saam met vriende
4.6
Okt 2017

Goeie atmosfeer, gesellig en baie mooi. Geen krag maar dra by tot rustigheid, baie gasvry en mooi.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Cobus M
1 nag Gesin met tieners
4.6
Jul 2017

Fantastiese aand van stil word en die eenvoud geniet. Ons is baie goed verwelkom en daar was groot moeite gedoen om ons so gemaklik as moontlik te maak. Die huisie is oud en eenvoudig, maar dis idilies en die hele gesin het dit geniet om die aand rondom lampolie lig te geniet met kaggel wat brand. Die plaas is oop om op te stap en baie ander aktiwiteite is beskikbaar indien meer tyd beskikbaar is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Donald
Jagersberg
Baie bly julle was daar, lekker om terugvoer te kry! Die stilte en ruimte is vir ons ook nog altyd 'n voorreg. Sterkte en groete!

Betsie M
Kort verblyf
4.0
Okt 2017

Primitief luuks. Ek en my 2 Scotties het ongelooflik lekker gebly. Al is daar geen elektrisiteit nie is die huis baie gerieflik en volledig toegerus en baie netjies. Ons is bekoor deur klipkoppe en kokerbome en kon elke aand in die Boesmanland stilte op die stoep onder die helder sterrehemel kuier. Ek beveel Jagersberg definitief aan!

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Donald
Jagersberg
Dit is vir ons ook 'n spesiale plek, en voorreg om dit te kan deel. Beste groete en sterkte met jou interessante werk!

Marisa S
1 nag Saam met vriende
4.4
Aug 2015

Pragtige huisie op die plaas. Ons het oornagverblyf benodig op pad terug van Clanwilliam na Johannesburg. Carnarvon was dus 'n goeie besluit, maar ons het nie besef dat die verblyf omtrent 'n uur se ry van Carnarvon was nie, ons roete was toe met 2 ure verleng. Die verblyf self is goed. Baie netjies en het als wat jy benodig. Ons het ongelukkig in die donker daar gearriveer en toe weer vertrek. Dit lyk na 'n baie mooi plaas en of jy rustigheid daar kan vind.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
2.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Grove K
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Mei 2015

Baie aangenaam in 'n rustige omgewing. Baie aangenaam in 'n rustige omgewing. Goeie waarde vir geld met 'n baie behulpsame en vriendelike gasheer en -vrou. Sal enige tyd weer daar gaan bly as dit op my pad is.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Pieter D
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2013

Baie lekker en rustig. Die verblyf is skoon en netjies. Met die lieflike plaasatmosfeer het ek sommer terug verlang na my kinderjare.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alison C
1 nag Gesin met tieners
5.0
Jun 2013

Attention to detail and true Karoo hospitality made this a memorable experience. Our hosts were warm and hospitable. They went out of their way to make our stay interesting and comfortable. The farm is off the beaten track but well worth a visit for its unique location. The cottage is neat as a pin with great attention to detail. We wish that we could have stayed longer.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Donald Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R3 900
per nag, vir 14 mense
Vanaf
R3 900
per nag, vir 14 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Jagersberg, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUwMDdkMjM5LWVkZjUtNDU1MC05NmE2LWQxZGM5NzUyZWQ4MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 900 per nag, vir 14 mense 8 5 1 5 Jagersberg Carnarvon 8925 Noord-Kaap 021 201 8901 12:00-18:00 12:00 -30.67373377073 21.844732314348

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang