Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jakaranda Woonstel 8

Spesiale Aanbod 20% af

Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 2 Jan 2025 tot 11 Jan 2025.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lilliecrona Boulevard 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 979 R1 584 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Jakaranda woonstel 8 is ‘n pragtige woonstel met 'n uitsig oor die see. Die woonstel is op die grondvloer van 'n veilige kompleks in Uvongo. Die kompleks is 200 m vanaf Uvongo-strand en 100 m vanaf die strandfront.

Dié woonstel het 2 slaapkamers, 'n badkamer, oopplan-kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, ingeboude kaste en 'n dubbelslaapbank wat ideaal vir kinders is. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens met ingeboude kaste. Die badkamer het 'n wasbak, stort en bad.

Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, stoof, oond, mikrogolf, ketel, rooster en 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste. Die leefarea het 'n LED-TV met sekere DStv-kanale teen 'n ekstra koste.

Die kompleks is veilig met 'n elektriese heining en toegang is deur 'n kodehek wat veilige onderdakparkeerplek verskaf. Daar is ook 2 gemeenskaplike braai-areas, waarvan 1 'n klimraam vir kinders het. Daar is ook 'n ontvangs wat help met wasgoed en skoonmaak indien dit benodig word.

Uvongo is 'n rustige kusdorpie aan KwaZulu-Natal se Hibiscuskus. Besienswaardighede sluit in: Manabastrand wat 2,4 km weg is, St. Michael's on Sea wat 2,7 km weg is en Uvongo Natuurreservaat wat 1 km weg is.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
TV
Volledige kombuis
DStv
Stroomdienste
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Cila B
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik gerus. Baie dankie, dit was 'n heerlike vakansie. Die plek is rustig. Baie vriendelike personeel.
Jun 2024
Sunette P
Saam met lewensmaat
5.0
Rus en vrede. Baie lekker, salig en rustig.
Feb 2024
Andre V
Gesin met tieners
5.0
Waarde vir geld. Veilig, skoon en waarde vir geld.
Jan 2024
Gert S
Saam met lewensmaat
4.6
Skoon, netjies, goed onderhou met vinnige diens. Ons het die verblyf baie geniet.
Jun 2024
Mahesh R
Gesin met klein kinders
4.4
A relaxed stay. Perfect getaway for relaxing on a budget.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Antonie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Lilliecrona Boulevard 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Jakaranda Woonstel 8 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 979
R 1 979 R 1 584
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 979
R 1 979 R 1 584
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Lilliecrona Boulevard 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAUVXWLfvoOVtJ7iCgrDV1sBwVjjNo59JcBxkBvnP4Kfbmw7zo5i?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 979 nouVanaf R1 583 per nag (plek vir 4) 40 5 1 5 2 Lilliecrona Boulevard Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -30.838184062827 30.394544573635

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang