Jakkalswater Gasteplaas
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 54 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nababeep-weg, Nababeep, Springbok, 8240, Noord-Kaap
- Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Jakkalswater Gasteplaas, is 'n gesins- en natuurgeoriënteerde gasteplaas, sowat 13 km buite Springbok, op die Nababeep-pad en sowat 6 km van die N7-hoofweg af, in die hartjie van Namakwaland.
Dit skuil in die hange van granietrotse, waar kokerbome oor die vallei uitkyk en Klipspringers rondloop. Jakkalswater is heeltemal van die rooster af en groen. Die ongelooflike suiwer en heerlike water word verkry uit 'n natuurlike ondergrondse fontein. Krag word deur sonpanele verskaf en die geisers werk met gas.
Daar is 14 gesinseenhede waaruit gaste kan kies om aan hul behoeftes te voldoen. Die premium gesinseenhede akkommodeer tussen 2 tot 5 gaste. Alle eenhede is en suite en sorgvuldig versier met 'n volledig toegeruste kombuisie. Die standaard eenhede is ook almal toegerus vir al jou selfsorg behoeftes en kan 2 tot 4 gaste akkommodeer, aangesien hulle 'n bietjie kleiner is. Die kamers het almal besonderse uitsigte wat beide uitkyk oor die plaas en pragtig versorgde kokerboomtuine.
Die vriendelike werknemers is almal van die plaaslike gemeenskap en hulle floreer om hul gaste te bedien.
Jakkalswater het ook 'n pragtige kapel, waar jou droomtroue gehou kan word. Dit skuil in die reuse-granietberge en het 'n asemrowende uitsig oor die Namaqua-vallei. Daar is 'n baie groot beskutte venue fasiliteit lapa, waar die funksie gehou kan word - toegerus met braaigeriewe, badkamers en al die noodsaaklike geriewe. Die lokaal is ook ideaal vir seminare en byeenkomste, waar groot getalle gaste kan saamtrek en bied tans 'n aantal bekende organisasies se jaarlikse funksies aan.
Ongeveer die helfte van die plantspesies hier kom nêrens anders in die wêreld voor nie. Wanneer die winterreën val, word die plaas en omliggende granietrotse toegedraai in 'n blomkombers wat die mooiste blommeskouspel ter wêreld skep. Met byna 3 000 plantspesies, insluitend bokbasvygies, madeliefies, Gazania's, katsterte ens.
Gaste kan op die plaas rondstap en die natuurskoon geniet. Klim die granietheuwels en soek die geheimsinnige Klipspringers en die bobbejane, wat die berge hul tuiste maak, of stap op die droë rivieroewers, op soek na die gespikkelde padloper, terwyl die blommeryk bewonder word. Jakkalswater is 'n bestemming van sy eie, maar bied ook aan gaste 'n ideale oornag-opsie op pad na Namibië, die Richtersveld en die noordelike weskus van Suid-Afrika.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Reinhart Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 204
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Nababeep-weg, Nababeep, Springbok, 8240, Noord-Kaap
- Gaste dink Jakkalswater Gasteplaas het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Springbok Namakwaland Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 54 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Nababeep-weg, Nababeep, Springbok, 8240, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang