Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jan Hoppie

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 10 van die Angora-plaas, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Jan Hoppie is in Bonnievale geleë en bied verblyf in 'n rustieke, dog gerieflike plaaskothuis in 'n stil omgewing met 'n uitsig oor die wingerd en die Breederiviervallei. Die kothuis is na 'n werker vernoem wat opgedaag het en 'n plaaslike legende geword het.

Die kothuis bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en toegang tot die eerste badkamer met 'n Victoriaanse bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n aparte ingang op die voorstoep, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Dié slaapkamer het ook tee- en koffiemaakgeriewe.

Daar is 'n enkelbed vir 'n vyfde gas in die oopplan-leefarea. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatgasstoof, ketel, eetgerei, breekware en kookgerei toegerus. Die leefarea het ook 'n kaggel.

Die kothuis is met interessante artefakte versier, soos 'n oorspronklike skoenmakerstafel waarop gaste die braaigoed kan uitpak, ou parafienlampe, plaastoerusting, Victoriaanse krane en 'n staldeur vir 'n voordeur. Die lieflike voorstoep bied 'n prentjiemooi uitsig oor die vallei en die rivier is sowat 950 m van die kothuis af.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Anna-marie E
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige atmosfeer op 'n pragtige plek. Heerlik gebly met al die fasiliteite beskikbaar en 'n pragtige ligging. Naby aan baie wynplase in die Robertson...
Sien meer
Okt 2024
Tamsin L
Saam met vriende
5.0
Cosy cottage in a great location, 10 out of 10. Great stay in a well-equipped and cosy cottage. Beautiful sunset views from the stoep a...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Beverley E
Gesin met tieners
5.0
Beautiful and relaxing. It was an awesome experience. Peaceful and relaxing. Beautiful setting. The manager was very helpful and accomm...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Veronica D
Saam met vriende
5.0
Julle sien ons vir seker weer! Wat 'n amazing plek. Dankie vir 'n wonderlike verblyf in so 'n mooi deel van ons land!
Feb 2024
Hanzubeth L
5.0
Die ontvangs was baie vriendelik. Dit is 'n perfekte plek om stil te raak. Baie lekker, dit is rustig en mooi.
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Thys Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Erfdeel 10 van die Angora-plaas, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jan Hoppie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag (plek vir 5)
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erfdeel 10 van die Angora-plaas, Bonnievale, 6730, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA499883ad92eb0ced4b31f57fe356c1f0ccf952a46e3c5a54edc1caac571d91ff337a4c352b686247a271a3995a127891722b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 5) 21 5 1 5 Portion 10 of the Angora Farm Bonnievale 6730 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.951850990703 20.064994740173

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang