Jansen House Boutique Manor
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Chris Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 34
Op LekkeSlaap 7 jaar
Opsomming van Resensie
Sean S - Apr 2024
Algehele gradering
Definitely recommend.
Henk K - Feb 2024
Algehele gradering
Netjies, skoon, gerieflike kamers. Spesiale dank aan Emma vir uitstekende diens.
Konrad M - Aug 2023
Algehele gradering
Easy and friendly service.
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Hallo Konrad,
Dankie vir die mooi resensie.
Hoop ons sien jou gou weer.
Chris Meyer
Arno G - Jun 2024
Algehele gradering
Rustige luukse aangename verblyf.
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Hallo Arno
Dankie vir die goeie gradering. 'n Gastehuis is net so goed as die personeel wat daar werk. Emmah en haar span is nou al meer as 10 jaar die kern van ons sukses. Ek is seker ons sien jou weer.
Vriendelike groete
Chris
Rinus F - Mrt 2024
Algehele gradering
Gemaklik.
Marius V - Mei 2023
Algehele gradering
Heerlik en rustig.
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Beste Marius
Dankie vir die mooi gradering.
Ons sien jou weer binnekort.
Vriendelike groete
Chris
Evelyn K - Feb 2023
Algehele gradering
Baie gemaklik en gerieflik.
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Beste Evelyn
Dankie vir jou mooi gradering.
Emmah is ons ster gastehuis bestuurder vir meer as 10 jaar. Sy skep ˋn tuiste vir al ons gaste.
Vriendelike groete
Chris
Colleen W - Okt 2023
Algehele gradering
Comfortable and homely.
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Dear Colleen,
Thank, you for staying at Jansen House and your kind review. Our manager, Emmah is loved by all. She has managed Jansen House for more than 10 years now.
Hope to welcome you back again soon.
Kind regards
Chris
Anonieme gas - Mei 2023
Algehele gradering
Peet B - Okt 2022
Algehele gradering
Dit was fantasties.
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Dankie Peet
Ons waardeer jou mooi gradering.
Vertrou ons sien jou binnekort weer.
Vriendelike groete
Chris
Nadia N - Mrt 2022
Algehele gradering
Lekker gebly!
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Beste Nadia
Dankie vir jou mooi gradering.
Ons wil altyd beter. Sien jou gou weer.
Vriendelike groete
Chris
Francois S - Okt 2022
Algehele gradering
Stil en rustig.
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Hallo Francois
Ons is net so lief vir die mooi groot tuin en bome. Dit lok natuurlik dan al die voëls. Voeg ogend is die beste.
Vriendelike groete
Chris
Kim L - Okt 2021
Algehele gradering
Skoon en netjies met alles wat ons nodig gehad het.
Naomi H - Sep 2021
Algehele gradering
Uitstekende diens teen bekostigbare tarief
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Beste Naomi
Dankie vir die vriendelike resensie. Altyd aangenaam om volpunte by gaste te kry. Ons luister graag na ons gaste en het bv laasjaar sonpanele en batterye geinstalleer plus optiese fibre internet ten einde ons gaste se verblyf nog beter te maak.
Vertrou ons sien julle gou weer.
Vriendelike groete
Chris, Erika & Emmah
Massimo O - Feb 2021
Algehele gradering
Enjoyed our stay.
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Dear Massimo
Thank you for the kind review and rating. We strive to provide all our guests with only the best possible stay.
We are always open to suggestions on how to improve on our current offer. It is the small detail that distinguishes us.
Hope to see you again soon.
Kind regards
Chris
Glen T - Nov 2021
Algehele gradering
Peaceful. Safe. Spacious. Quiet.
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Dear Glen
Thank you for staying at Jansen House. We believe rooms should offer what we ourselves would like.
Full DSTV, Fibre internet, solar electricity back-up, just mentioning the technology comforts
Kind regards
Chris
Marilette C - Okt 2021
Algehele gradering
Waarde vir geld. Goeie ligging. Sal definitief weer oorweeg.
Lees meerJason G - Sep 2021
Algehele gradering
Excellent.
Cilna E - Okt 2021
Algehele gradering
Rustig, en netjies.
Leslie A - Des 2020
Algehele gradering
Ongelooflik
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Beste Leslie
So heerlik om sulke mooi woorde van ons gaste te ontvang.
Altyd 'n voorreg om die toekoms van ons land te ontvang by Jansen House Boutique Manor. Desember is die tuin altyd in sy somerprag en is die fotos spesiaal.
Vriendelike groete
Emmah
Gerhard S - Nov 2020
Algehele gradering
Oulike plek!
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Beste Gerhard
Ongelukkig het jy gelyk met die roete na Jansen House Boutique Manor. Ons het self die eerste maal lekker rondgery om Irene te verstaan. Dit help wel met sekuriteit binne die Irene Village asook om ekstra rustigheid in die woonbuurt te skep.
As jy eers in is daal die rustigheid op jou neer.
Dankie vir die besoek en mooi resensie.
Tot 'n volgende keer.
Vriendelike groete
Chris
Dirk L - Des 2020
Algehele gradering
Netjies en skoon, goeie diens.
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Beste Dirk
Dankie vir julle besoek en resensie. Ons streef na 5 sterre op alle gebiede.
Hoop ons sien julle weer binnekort.
Vriendelike groete
Emmah
Maaike S - Nov 2020
Algehele gradering
Baie skoon en netjies.
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Maaike
Dankie vir die besoek en mooi resensie.
Irene is 'n wonderlike woonbuurt en Jansen House Boutique Manor self se groot boomryke tuin dra alles by tot 'n rustige omgewing.
Hoop ons sien julle binnekort weer.
Vriendelike groete
Chris, Erika & Emmah
Martie B - Okt 2019
Algehele gradering
Rustige, veilige omgewing.
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Beste Martie
Dankie vir die mooi resensie. Altyd heerlik om volpunte te kry. Nie altyd moontlik nie maar dit is ons strewe.
Hoop om julle weer binnekort te sien.
Vriendelike groete
Chris, Erika & Emmah
Christi E - Jun 2019
Algehele gradering
Heerlik gebly - as ek weer in die omgewing moet oorslaap, is ek beslis weer daar!
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Beste Christi
Dankie vir jou vriendelike en positieve terugvoer. Ons is altyd besig om te probeer verbeter.
Vriendelike groete
Chris Meyer
Andries N - Okt 2019
Algehele gradering
Uitstekende diens.
Lees meerJansen House Boutique Manor se terugvoer
Beste Andries
Dankie vir jou resensie.
Die Milkroom is 'n heerlike kamer onder 'n groot ou bloekomboom. Dit is ook die enigste kamer met 'n grasdak, maar met 'n vol plafon, wat help in Pretoria se warm weer. Die Milkroom was wel jare gelede die melkkamer op die ou boerdery. Ons het egter die binnekant in 2009 totaal uitgekap en 'n mooi unieke kamer geskep.
Hoop om jou binnekort weer te sien.
Vriendelike groete
Chris
Annelie V - Okt 2019
Algehele gradering
Prima blyplek!
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Beste Annelie
Dankie vir julle besoek en mooi resensie.
Sien julle binnekort weer.
Vriendelike groete
Chris, Erika & Emmah
Jana S - Jun 2019
Algehele gradering
Veilig en rustige omgewing.
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Beste Jana
Dankie vir die terugvoer. Ons het dit nodig om te weet of ons nog steeds aan ons gaste se hoë verwagtinge voldoen. Ons fokus is op dienslewering. So bou ons 'n betroubare "handelsmerk"
Vriendelike groete
Chris Meyer
Susan L - Mei 2019
Algehele gradering
Personeel behulpsaam en laat jou tuis voel wat 'n aangename atmosfeer skep.
Lees meerJansen House Boutique Manor se terugvoer
Beste Susan
Dankie vir jou terugvoer. Ons gebruik alle inligting om voortdurend te probeer verbeter. Ons is tans besig om kwotasies aan te vra vir 'n volledige battery rugsteun stelsel vir alle ligte, TV en internet vir die hele gastehuis. Ons hoop om dit in plek te hê teen einde September 2019. Dan is ons reg vir enige kragonderbrekings.
Vriendelike groete
Chris Meyer
Esme V - Jul 2019
Algehele gradering
Statige ou huis.
Lees meerJansen House Boutique Manor se terugvoer
Beste Esme
Dankie vir jou terugvoer.
Ons is voortdurend besig met kleiner onderhoudswerk, maar het gedurende die laaste 3 maande 'n groot poging ingesit om Jansen House tip-top te kry. Ons werk ook tans aan rugsteun krag voorsiening, sonkrag en gaan nog een ekstra luukse kamer byvoeg (Ons is besig met die laaste afrondingswerk). Hierdie gaan 'n meesterstuk wees aangesien ons die oorspronklike ou hoofslaapkamer (enorm groot, hoë plafon, hout vloer, luik vensters, moderne nuwe badkamer, ens).
Is hoof fokus bly egter dienslewering. So onderskei ons Jansen House Boutique Manor.
Hoop om jou gou weer te sien.
Vriendelike groete
Chris Meyer
Patsy S - Aug 2019
Algehele gradering
Dit was heerlik.
Jansen House Boutique Manor se terugvoer
Beste Patsy,
Dankie vir die vriendelike terugvoer.
Ons poog om die beste te wees teen bekostigbare tariewe.
Sien jou binnekort!
Vriendelike groete
Chris Meyer
Cynthia E - Okt 2019
Algehele gradering
There was no electricity for the entire time of our stay, poor management.
Lees meerJansen House Boutique Manor se terugvoer
Dear Cynthia
Thank you for your review of Jansen House Boutique Manor.
We always try to listen to our guests.
It took a while but after a lot of research, we found the best possible solar system with battery backup. It is working really well and our guests have not been without a moment of electricity for the past 12 months, Sept 2021.
Hope to see you again soon.
Kind regards
Chris
Anonieme gas - Mrt 2018
Algehele gradering
Marieta B - Okt 2017
Algehele gradering
Dit was regtig nie wat ek verwag het nie.
Lees meerJansen House Boutique Manor se terugvoer
Geagte Marieta,
Dit is altyd vir ons 'n pynlike dag as een van ons gaste nie 100% tevrede is nie. Ons wil dus begin om te sê dat ons jammer is dat ons nie aan u verwagtinge voldoen het nie. Ons werk deurlopend daaraan om enige foute dadelik reg te stel.
Die hek se klokkie lui in die kombuis en in die bestuurder se sitkamer. Dit mag gebeur dat ons personeel besig is erens elders op daardie spesifieke oomblik. Dit is tans 'n probleem area maar ons oorweeg om 'n klokkie te installeer wat eerder deurskakel na 'n selfoon as oplossing. Dit het egter weer ander potensiële tekorte.
Die melk wat nie in die kamer was nie is 'n groot fout. Ons verskaf altyd vars melk in die yskas aangesien ek persoonlik ook hou van baie vars melk in my koffie. Ons het nou 'n kontrolelys opgestel om seker te maak personeel vergeet nie van bv die melk nie.
Die Melkkamer, kamer waar u gewoon het, het 'n oopplan badkamer met die slaapkamer gedeelte. Sommige gaste hou daarvan. Dit is jammer dat u nie onmiddelik vir ons genoem het dat dit nie vir u aanvaarbaar is nie. Ons het nog 2 ander kamers beskikbaar gehad en sou u met graagte kosteloos skuif.
Jansen House is 'n ou huis wat deurlopend onderhou moet word. Ons het bv in 2016 die hele dak herstel en oor laat verf. Tans is ons besig om al die houtrame te skuur en te vernis en die geute te vervang. Met waterbeperkings is ons baie afhanklik van reën om die grasperkke mooi groen te hou. U was dalk net te vroeg na die eerste reëns by ons om die groot verskil te kon geniet. Jansen House het 'n groot tuin (5500 m2) met 2 tuiniers en my suster wat weekliks deur die tuin gaan om die volgende week se tuinwerk te beplan. Die tuin was in 2009 deur my vrou Erika en 'n tuinargitek herontwerp en aangeplant. Normaalweg kry ons tuin baie komplimente en neem bruidspare gereeld hul fotos by ons.
As blyk van apologie wil ons graag vir u uitnooi om weer 'n draai by Jansen House Boutique Manor te kom maak. Ons sal vir u 'n 80% korting aanbied op ons tariewe. Ek sal ook seker maak dat u in een van ons ander kamers bly.
As gevolg van 'n groot aanvraag na kamers by Jansen House Boutique Manor gaan ons ook gedurende November e Desember twee nuwe kamers bou. Dit sal deel vorm van die bestaande ou herehuis se vertrekke en een sal wees in die ou hoofslaapkamer. U mag dalk die eerste gaste wees om hierdie nuwe luukse kamers te kom geniet.
Ek nooi u dus vriendelik uit vir 'n tweede besoek.
Vriendelike groete,
Chris Meyer
Mede-eienaar
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 12 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: King-straat 9, Irene-sekuriteitskompleks, Centurion, 0157, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang