Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jasmyn en Protea Kothuise

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Western-straat 7, Dormehlsdrif, George, 6529, Wes-Kaap
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Jasmyn en Protea is privaat kothuise, baie sentraal geleë in 'n stil, boomryke buurt van George. Dit grens aan 'n groenbelt waar gaste tarentale, fisante en vleiloeries sal teëkom, met onbelemmerde uitsig oor die Outeniekwaberge.

Jasmyn Kothuis is eenslaapkamerwoonstel het 'n en suite-slaapkamer met 'n aparte, baie ruim leefarea en kombuisie. Die kothuis is nuut en modern gemeubileer en is ten volle toegerus vir luukse selfsorgverblyf. Dit het 'n aparte ingang en bied slaapplek aan 3-4 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n baie gemaklike slaapbank vir kinders in die leefarea.

Die ruim leefarea bied 'n volledig toegeruste kombuisie met ontbyttoonbank, groot ys- en vrieskas, mikrogolfoond, oondjie, koffiefilter en 'n broodrooster. Die leefarea bied 'n 49'' slim-TV met volle DSTV en selfs 'n kaggel met lekker droë hout vir winteraande - dis altans rooiwynwêreld dié!

Protea Kothuis het 'n aparte ingang en slaapplek vir 1 tot 2 gaste. Die en suite-slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, ruim poeier-area, en 'n slim-TV met DSTV. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel. Daar is ook 'n ontbytarea. Die buite stoep-leefarea is perfek vir braai of net 'n kuier met 'n vuurtjie en glasie wyn langs die swembad. Neem kennis dat die swembad nie toegemaak is nie.

Veilige parkeerplek en WiFi is gratis en daar is braaigeriewe buite.

Beide Kothuise is onder direkte eienaarsbestuur. Dit is net 9,7 km van George se lughawe af en 'n pendeldiens kan gereël word. Ons is omring met die mooiste gholfbane in die Tuinroete – Kingswood (3,1 km), George se gholfbaan (3,3 km), die bane van Fancourt – Outeniqua, Montague en die Links (7,8 km) en Oubaai is ook om die draai (11,9 km). Die strande van Victoriabaai en Heroldsbaai is onderskeidelik oos en wes van George geleë en albei is minder as 12 km van die kothuise af!

Die kothuise is ook ideaal geleë vir diegene wat een van George se hospitale kom besoek – George MediClinic, Geneva-kliniek en George se hospitaal is al drie minder as 2 km weg.

Ons omgewing bied woude, riviere, berge, strande, watervalle en rivierpoele. Hier is lieflike bergfiets- en voetslaanroetes en die pragtige Tuinroete Nasionale Park is minder as 20 km weg. Die eienaars is natuur- en reis liefhebbers en kan gaste inlig rakende al die versteekte juwele van die groter area, insluitende: Wildernis, Knysna, Die Eiland, Mosselbaai, Oudtshoorn en Calitzdorp! Daar kan selfs dag- en half-daguitstappies gereël word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Jacques D
Saam met lewensmaat
5.0
Lekke! Baie privaat, pragtige silver skoon eenheid en 'n 1ste klas braai area. Baie vriendelike ontvangs het op ons gewag. Veilige omgewing met 'n uit...
Sien meer
Sep 2024
Peta M
Saam met lewensmaat
5.0
Good. Enjoyed our time. Host kind and helpful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Danie R
5.0
Excellent diens. Gasvry, behulpsaam, netjies en skoon.
Apr 2024
Andre V
Gesin met klein kinders
5.0
N stukkie paradys in Eden. Jasmyn Kothuis is ongelooflik mooi gerenoveer. Alles was nuut. Alles wat jy nodig het was daar. Dit is ook heerlik stil in ...
Sien meer
Apr 2024
Ansie S
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend! Dit is 7-ster-verblyf. Dit was vir ons 'n verkwikkende ervaring om in jul smaakvolle toegeruste kothuis, wat so ideaal met die omgewing in...
Sien meer
Okt 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Johannes Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 96

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Western-straat 7, Dormehlsdrif, George, 6529, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jasmyn en Protea Kothuise het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

George Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Western-straat 7, Dormehlsdrif, George, 6529, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAC3fN0kXUYRXYRumoYA1SKCVZ22OlJ6t2y4AMLzXRUmLGjOXMK5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 59 5 1 5 7 Western Street Dormehls Drift 6529 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 09:00 -33.96282406489 22.447554703041

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang