Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

J&B Tuiste

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterbessie 7, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Vanaf R990 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

J&B Tuiste is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel wat op die grondvlak van die eienaar se huis in die hartjie van Reebok geleë is. Dit kan 'n goeie opsie wees vir 'n wegbreek op die Tuinroete aangesien dit net 'n entjie van Hartenbos af is.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Bad, stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Dié spasie het ook 'n etenstafel waar gaste hul etes saam kan geniet.

Gaste buite het hul eie patio en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is om te ontspan en 'n skemerkelkie te geniet. Gaste kry veilige onderdakparkeerplek op die perseel. Die ligging van hierdie eiendom is ongeveer 2 km vanaf die strand.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.7
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Barbara Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 3

Op LekkeSlaap 7 maande

Ligging

  • Waterbessie 7, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Gaste dink J&B Tuiste het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R990
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R990
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterbessie 7, Reebok, 6503, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA301e7e9479d27c37740741473aea19d44e98d5ba58990dcec62824ab528cf7a6aecc5f59b91a66da81700279e07dafdf1ae2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 7 Waterbessie Reebok 6503 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.070300612191 22.174331691615

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang