Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

JBay Zebra Lodge

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Louis J
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Baie lekker wegbreek. Baie lekker gekuier. Die personeel by die verblyf was baie vriendelik. Die aandete en ontbyt was baie spesiaal en lekker. Kamers is baie privaat en die uitsig is pragtig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lindie V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2022

As jy op soek is na rustigheid en ontspanning is Zebra Lodge die perfekte plek daarvoor. Ons kan nie wag om terug te gaan nie. Dit is verskriklik netjies en weereens rustig. Ek sal Zebra Lodge beslis aanbeveel vir my vriende en familie. Die diens is goed en staff baie behulpsaam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Herman M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Mei 2022

Heerlik gekuier. Alles was reg en netjies. Baie lekker gekuier en kos was baie goed. Ons dink egter die plek is 'n bietjie aan die duur kant vir dit wat jy ontvang.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Astrid V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2019

Heerlike verblyf in 'n luukse safari-tent met uitsig oor Jeffreysbaai. Hartlik verwelkom by aankoms deur die eienaar en baie bekwame personeel. Die verblyf is meer as volledig. Die uitsig is pragtig. Dit was die tweede keer vir ons! Hoop daar sal eendag 'n derde wees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Florbela
JBay Zebra Lodge
Thank you for your review it was a pleasure seeing you again, Hope to see you again. Florbela

Elzet W
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Nov 2018

My skoonouers het hulle verblyf baie geniet. My skoonouers is 50 jaar getroud en hulle het besluit om dit te vier deur 'n paar dae by die lodge oor te bly. Hulle was gaande oor die lodge, mense en die kos! Baie dankie aan al die personeel wat die tydjie vir hulle so kosbaar gemaak het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Mariana R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2017

Ongelooflike uitsig, rustig en kos vir die siel. Baie lekker gerus en ons verkyk aan die Zebra. Voel of hulle in jou kamer wei.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Florbela
JBay Zebra Lodge
Dear Marianne, thank you very much for your review. It was a pleasure to have you both with us. I am pleased that you have enjoyed our place. We hope to see you again. Florbela

Emile B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2017

Ongelooflik en asemrowend, definitief 'n moet doen! Ons wou baie graag wild gaan sien, maar met net 3 dae het ek en my vrou gedink om te vlieg, en om dan nog te ry gaan so bietjie baie tyd vat al die pad, Mpumalanga of Limpopo toe. Jbay Zebra Lodge is nie te ver om te ry nie, en was elke bietjie tyd werd van die Kaap af, ons het sommer by baie van die padstalle gestop op pad na ons bestemming. Die ligging is asemrowend, toe ons daar aankom was die sebras by ons huisie en dit het sommer die aankom better gemaak. Die kos was heerlik, en die onthaal-area was intiem maar presies wat ons wou hê, dit huisves nie te veel mense nie so dit raak nooit 'n geraas nie en dit help om die plek rustig en meer intiem/romanties te hou. Ek sal definitief dit 'n jaarlikse bestemming maak van nou af.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Florbela
JBay Zebra Lodge
Dear Emile, Thank you very much for your review. I am very happy that you have enjoyed our place and hope to see you again, Thank you, Florbela

Ryan R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2017

Very beautiful place. We had a wonderful stay at the Zebra Lodge. Zebra come right up to your chalet. And the view is absolutely breathtaking. Florbella and Dieder were fantastic hosts.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Florbela
JBay Zebra Lodge
Dear guests, thank you for your review. It was a pleasure to have you with us. We hope to see you soon, thank you. Florbela

Jp V
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Feb 2016

Dit was regtig 'n heerlike ervaring! Dit is 'n pragtige plek, die tente is baie mooi uitgelê en is heel afgeslote van die res van die oord, en dit skep lekker privaatheid. Ek het dit reeds aan beveel vir die res van my vriende.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Thea J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2015

Absoluut fantasties! Florbela en haar gesin is uitstekende gashere en bied die mees ongelooflikste gasvryheid en kliëntediens... definitief die beste wat ek al ooit beleef het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Florbela Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf R3 150
R3 150 R2 678
per nag (plek vir 2)
Vanaf R3 150
R3 150 R2 678
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Strandfontein 442, Langs die R102, Jeffreysbaai/Thornhill, 6375, Oos-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNmNzQxMmJmLWNmMzEtNDFlYi05YjY5LWIxNDNmYThkOWZiZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 150 nouVanaf R2 678 per nag (plek vir 2) 22 5 1 5 442 Strandfontein Alongside R102 6375 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.90824900106 25.100141465664

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang