Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jean's Nest

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Disa-straat 16, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Jean's Nest is 'n selfsorg-houthuis met 'n uitsig op die Outeniqua-berge in Sedgefield. Dié huis is ideaal vir 'n klein gesin met 2 kinders, 2 paartjies en 'n vufde volwassene, avonturiers of stadsjapies wat op soek is na 'n stil wegbreek. Hier heers 'n rustige atmosfeer waar gaste die natuur opnuut kan waardeer.

Jean's Nest beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede skaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel 'n badkamer.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en het 'n wasmasjien en 'n ontbythoekie met stoele. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6. Die sitarea het 'n slim-TV met stroomdienste en lei na 'n sonkamer met slaapplek vir die vyfde gas teen 'n addisionele fooi per dag. Die leefarea en die sonkamer het skuifdeure wat lei na 'n sondek met stoepmeubels.

Die groot vensters laat 'n oorvloed natuurlike lig deur die dag in en gaste kan snags die sterrehemel aanskou. Daar is ook hangmatte vir natuurliefhebbers om te geniet.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Dawn Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Disa-straat 16, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jean's Nest het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Disa-straat 16, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA10dd344d2498ee2e155d87aaee988a7488aead90c341c99fc0cc241224f97626b8583dee65535aab531cbf53dccc44c5f077?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4) 7 5 1 5 16 Disa Street Sedgefield 6573 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.022035831975 22.816790369692

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang