Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jill Rose Guest House

Gastehuis

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.1
Veiligheid
4.6
Irma S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Gerieflik, verfris en stilte. Altyd so lekker en gesellig by Jill Rose Guest House. Uiters skoon, netjies en mens slaap lekker!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hein L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2023

Baie aangenaam met warm kamers in die koue Dullstroom. Die ontbyt was baie en baie lekker personeel baie vriendelik gewees, sal weer van hulle gebruik maak as ons daar in Dullstroom is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Yvonne P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Mei 2023

Aangenaam. Dit was netjies en skoon. Net 'n paar goedjies wat die aandag moet kry. Ketel se deksel was gebreek en kan nie oopmaak nie. Die badkamer se een lig werk nie. Die een bedlampie se skerm was gebreek,.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Lizet N
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Jun 2024

Awesome verblyf in Dullstroom. Die verblyf was regtig baie lekker. Met die koue weer kan ek regtig sê dat die kamer uitermatig goed voorsiening maak vir die koue. Die enigste wat 'n bietjie sleg was, is dat ons nie geweet het daar 'n stel trappe is nie - met my man se knievervanging was dit so bietjie sleg.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Dalton M
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Apr 2024

Baie stil en gerieflik en skoon. Sien onder. Dankie. Amper by 20 woorde?

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Reinette M
1 nag Saam met lewensmaat
2.4
Jul 2024

Ons sal Jill Rose Guest House nie weer besoek of aanbeveel nie. Lekker gerus, maar nie gasvrou ontmoet nie. Bekers gechip, teelepels gevlek, moet breekgoed in wasbak in badkamer was, mat vuil, blinders gebreek, kyk uit op bourommel oorkant pad. Gasvrou slegs by restaurant gesien, nie vriendelik nie. Geen ander gaste gewees nie en het skoonmaker ook nie gesien nie. Swembad is vuil, al is dit winter moet dit skoon wees. Battery in muurhorlosie is pap.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
2.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0
Anita
Jill Rose Guest House
Baie dankie vir die terugvoer. Ons het julle glad nie ontmoet nie. Julle het na ure ingeboek en nie kom ontbyt eet by die restaurant nie. Die dame wat jou man gehelp het Sondag oggend toe hy die sleutels teruggebring het en sy gevra het kom julle nie eet nie? Was jou man se antwoord 'Oh, is dit ingesluit. Nee, ons het 'n kar vol mense en gaan iewers anders eet'. So dus sou julle nie die gasvrou kon ontmoet het nie. Op inspeksie het ons geen gechipte bekers gekry nie. Die bourommel oorkant die pad is buite ons beheer. Die swembad is swart geverf om die hitte in te hou en is definitief silwer skoon.

Phillip P
1 nag Saam met lewensmaat
3.4
Sep 2023

Netjies. Sou sê dit is standaard - niks exceptional nie. Dink die dorp se dienslewering doen meer skade aan die besoekers se ondervinding.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Andrew G
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jun 2022

Neat and comfortable. Convenient access to town. Nice neat setting. Breakfasts were great. Will be back.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Krystle M
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Des 2022

'n Vinnige naweek wegbreek. Netjies ruim en skoon. Sou net daarvan gehou het as daar braaigeriewe was.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Anita
Jill Rose Guest House
Baie dankie vir jou terugvoering. Daar is braai geriewe by die swembad. Jammer jy het dit nie gesien nie. Volgende keer bel ons net as jy enigeiets benodig. Vriendelik Groete, Anita.

Louis B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2021

Heerlik gerus by die pragtige netjiese en skoon gastehuis! Die kamer was baie ruim en gerieflik!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Anita Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 112

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
Vanaf R1 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R1 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oranje Nassau-straat 3, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3e5a968ce0fd33a272acbd6f9826ece0a385d2d1a1974087bb59cf0a999f9acadc12de55306e6c02d1b9dfa6457e13afad9d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense 25 5 1 5 3 Oranje Nassau Street Dullstroom 1110 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.4151367949 30.108266694443

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang