Jill Rose Guest House
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oranje Nassau-straat 3, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Jill Rose is 'n gastehuis wat in Dullstroom in Mpumalanga geleë is. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike, stylvolle verblyf naby 'n verskeidenheid doendinge.
Verblyf by Jill Rose word aangebied in 5 slaapkamers wat almal en suite-badkamers het. Die kamers is ruim en smaakvol versier. Elke kamer het 'n koninggrootte-bed en die badkamers beskik oor storte en/of baddens met wasbakke en toilette. Die geriewe in hierdie kamers sluit lugversorging, gratis WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe in.
'n Smaaklike ontbyt word tussen 07:00 en 11:00 by die Rose Cottage Restaurant in die hoofstraat bedien. Jill Rose het ook 'n groot buitelug-area met bekoorlike sitplekkies en 'n plonspoel vir gaste se gebruik.
Veilige parkeerplek is beskikbaar en 'n kort entjie se ry van die eenheid af, is daar heelwat doendinge soos restaurante en kroeë, visvang en voëlkyk en 'n hele rits besienswaardighede beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Anita Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 116
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Oranje Nassau-straat 3, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink Jill Rose Guest House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Oranje Nassau-straat 3, Dullstroom, 1110, Mpumalanga