Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jock's Bay View

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarence-rylaan 2821, Bettysbaai, 2062, Wes-Kaap
  • Vanaf R4 300 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Jock's Bay View is 'n lieflike en ruim selfsorgvakansiehuis wat in die hartjie van Bettysbaai geleë is. Dit is die ideale opsie vir 'n gesinswegbreek aangesien die huis 'n pragtige uitsig oor die see en op die berge het. Dit is ook stapafstand vanaf die strand.

Dié verblyf bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander 2 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en gaste deel die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Alle linne word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei, breekware en 'n eiland met stoele toegerus is. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek, 'n gasverwarmer en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is beskikbaar. Langs die kombuis is 'n etenstafel met sitplek vir 8 waar gaste hul maaltye saam kan geniet.

Die huis het ook 'n binnebraai in die sitarea. Hierdie area lei na 'n lieflike houtdek met buitemeubels en braaigeriewe wat die perfekte plek is om die uitsigte en die seisoenale walviskyk te geniet. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Kaggel

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Vassi V
Saam met vriende
5.0
Amazing. Absolutely amazing; will definitely return.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2023
Edwin W
Gesin met klein kinders
5.0
Baie netjies, skoon en al ons verwagtinge oortref. Perfekte familie wegbreekhuis, en lekker naby aan die strand.
Aug 2023
Sone F
Saam met vriende
5.0
Gesellig en heerlik. Goed ingerigte en pragtige verblyf.
Jul 2023
Kim K
Saam met vriende
4.6
Very comfortable stay for us. The weather was not great, but the views from the large indoor and outdoor entertainment area made up for...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Lukas D
Saam met lewensmaat
4.2
Baie oulik ingerig met 'n lieflike uitsig op die see en die berg. Baie oulik ingerig met 'n lieflike uitsig op die see en die berg. Oulike braai-area....
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Andrew Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Clarence-rylaan 2821, Bettysbaai, 2062, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jock's Bay View het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 4 300
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarence-rylaan 2821, Bettysbaai, 2062, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb668ac44deecfd6279c10b6eeb88d9eccbde7edf6e91c23d35226af8bac6be5571c02902ac743c5ed31ddb75ce67b33608d4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 300 per nag (plek vir 6) 6 5 1 5 2821 Clarence Drive Bettys Bay 2062 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-17:00 10:00 -34.353816255042 18.93239635614

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang