Jock's View
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: High Level-weg 2912, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
- Vanaf R3 400 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Jock's View is 'n selfsorghuis hoog teen Kogelberg in Bettysbaai. Hier kan gaste op die stoep met 'n warmbad ontspan en die branders teen die rotse sien breek of die berge aanskou. Die huis is net 5 minute se stap van Jock's Bay en 4 km van Bettysbaai se strand af.
Hierdie huis het 'n omsetter wat die TV, DStv en WiFi tydens beurtkrag aan kan hou. Die stoof en geiser maak van gas gebruik.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste in 4 slaapkamers en spog met 'n see-uitsig vanuit die meeste van die kamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die derde slaapkamer 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in die 3 slaapkamers maak van 'n gedeelde badkamer met 'n stort, aparte toilet en 'n wasbak gebruik.
Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n TV met die volle DStv-pakket en die eetarea het 'n etenstafel met 8 stoele. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n kaggel sodat gaste die koue wintersnagte kan geniet.
Daar is braaigeriewe op die stoep en gaste kan 'n see-uitsig van hier af geniet. Die eiendom het 'n steil oprit met 'n dubbelmotorhuis vir 2 voertuie en 'n motorafdak vir 1 voertuig. Gratis WiFi is beskikbaar deur die huis.
Jock's View is stapafstand van veilige swemstrande af waar gaste kan seil, op kano's kan vaar en branderplank kan ry. Dit is ook naby die Harold Porter Botaniese Tuin, restaurante, koffiewinkels en winkelsentrums.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Pieter Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 157
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- High Level-weg 2912, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
- Gaste dink Jock's View het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Bettysbaai Overberg Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: High Level-weg 2912, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang