Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jolly Mooi's Beach Break

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 12 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: George Brown-rylaan 431, Morganbaai, 5292, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 800 R1 620 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Jolly Mooi's Beach Break bied gerieflike selfsorgverblyf in die hartjie van Morganbaai. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesinswegbreek aangesien hierdie verblyf net 200 m vanaf die strand is.

Dié verblyf bied gerieflike slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die hoofslaapkamer het ook 'n sonkamer met 'n pragtige uitsig oor die tuin en dam. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Daar is 'n stapelbed vir kinders in die vierde slaapkamer. Die derde en vierde slaapkamers grens aan mekaar, maar daar is 'n sluitbare skuifdeur tussen die 2 kamers. Gaste in 3 van die slaapkamers deel die tweede badkamer met 'n bad.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV. Gratis WiFi en Netflix is beskikbaar.Hierdie area het ook 'n etenstafel.

Skuifdeure lei na 'n toegeboude houtdek met 'n buite-etenstafel, rusbanke, dagbed en 'n gasbraai. Vanaf die dek is daar 'n wonderlike uitsig oor die dam en 'n klein see-uitsig vanaf die kant van die dek.

Daar is 'n paadjie na die dam onder die verblyf waar jy 'n bankie sal vind om die dam-uitsig en voëllewe te geniet.

Vir diegene wat van die strand af terugkeer, is 'n buitestort beskikbaar om af te spoel.

Die verlyf het 'n klein omsetter wat krag aan die ligte, WiFi en TV voorsien. Die verlyf het ook JoJo-tenks vir water.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 4 Aantal badkamers: 2
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xKinderstapelbed
Badkamer 1
En-suite  - Slaapkamer 1
Stort, Toilet
Badkamer 2

Bad, Toilet

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • George Brown-rylaan 431, Morganbaai, 5292, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
R1 800 R1 620
per nag, vir 6 mense
Vanaf R1 800
R1 800 R1 620
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: George Brown-rylaan 431, Morganbaai, 5292, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA208ac4c21d8ef59c13df764b0511a1f540c62e31f4ba4382c70306209b1ab3c384eb101ca5b1eccd2cf4aded6345e7499f82?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 800 nouVanaf R1 620 per nag, vir 6 mense 431 George Brown Drive Morgan Bay 5292 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -32.708227992277 28.338603649477

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang