Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Jongens-op-die-See

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 15:00
  • Adres: Daytona-weg 77, Jongensfontein, Stilbaai, 6675, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Jongens-op-die-See is 'n strand-tema selfsorg-eenheid in Jongensfontein met pragtige see-uitsigte en is naby die strand, wat hierdie ideaal maak vir 'n gesinsvakansie.

Dié eiendom bied slaapplek aan 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het ook uitsigte oor die see en is ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. 'n Bad en 'n stort is beskikbaar in die 1 badkamer en die tweede badkamer het 'n stort. Alle linne word voorsien, gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.

Die hoofleefarea beskik oor 'n sitkamer en 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV asook stapeldeure wat oopmaak op 'n houtstoep waar gaste kan ontspan met óf 'n oggendkoffie óf 'n skemerkelkie. Braaigeriewe is ook op die patio beskikbaar. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Die nabygeleë area van Stilbaai het verskeie restaurante en winkels en bied ook geleenthede vir ander sportsoorte soos roei en gholf. Die staproete langs die kus tussen Jongensfontein en Stilbaai, in die mooiste natuurskoon, is baie gewild onder vakansiegangers. Jongensfontein het veilige drafroetes langs die kus en fietsryers pak graag die roete tussen Stilbaai en Jongensfontein aan. Daar is ook verskeie roetes vir bergfietsryers.

Kamer-opset

Slaapplek vir 4 mense 2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Dane E
5.0
Uitstekend! Ongelooflike pragtige plekkie met 'n wonderlike uitsig en spesiale blou deur wat pragtig met die binnehuis tema gaan.
Feb 2024
Louise V
Saam met lewensmaat
5.0
Ag man net lekker! Baie dankie aan almal wat dit vir ons moontlik gemaak het om in so 'n pragtige, skoon, gerieflike plek te woon. Sal definitief weer...
Sien meer
Feb 2024
Herma R
Saam met vriende
5.0
Mooi en rustig. Mooi netjiese plek en ligging om net te rus en te kuier saam met pêlle.
Okt 2023
Angie M
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome, awesome. Did I say awesome? Fantastic location. All amenities in the unit, plus a bottle of wine upon arrival. Right across th...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2023
Natasha D
Saam met lewensmaat
5.0
Ons het heerlik gekuier en die see-uitsig was kos vir die siel. Die geriewe was netjies en voldoende aan ons kuier. Die feit dat Jongens-op-die-See to...
Sien meer
Aug 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Analja Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Daytona-weg 77, Jongensfontein, Stilbaai, 6675, Wes-Kaap
  • Gaste dink Jongens-op-die-See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 15:00
  • Adres: Daytona-weg 77, Jongensfontein, Stilbaai, 6675, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1dd0cdbd1591c4a652f61f3e2bcc98fb6157118fd680120af2b31e4af0563bc1ebe347d94bd5fa59b3d18aee754d94a150b5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 4) 21 5 1 5 77 Daytona Road Jongensfontein 6675 Wes-Kaap 021 201 8901 13:00-23:00 15:00 -34.420807681626 21.349226138338

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang