Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Joosteswerwe Guest Farm

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kokerskolk Plaas, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Joosteswerwe Guest Farm is 'n werkende plaas in die Groot Karoo op die R384 tussen Carnarvon en Vosburg. Ons streef daarna om dié tipe plaas-ervaring te bied wat besoekers herinner aan hulle kinderdae op die plaas. Vroeër jare het dié opstal gedien as 'n halfweghuis vir reisigers wat op pad was na die dorp toe.

Ons bied luukse verblyf in ons plaashuis wat destyds 'n tuiste gebied het vir 3 generasies skaapboere. Die huis bied slaapplek vir 8 tot 10 persone in 4 slaapkamers en 'n stoepkamer. Die 2 groot stoepe is absoluut fantasties en bied 'n luisterryke uitsig oor die skape en die springbokke wat wei en drink. In die winter sal die kaggel en die ondervloerse verhitting jou warm hou.

Ons nuutste byvoeging is die Ou Wa-suite wat uit egte Karoo-klip gebou is en gerestoureer is tot sy oorspronklike vorm met 2 verdiepings. Dié suite is perfek vir 'n gesin van 4 wat wil wegbreek. Dit bied 'n pragtige uitsig oor die Karoo-landskap en het 'n klipstoep met 'n braaiplek.

En in die somer koel gaste gewoonlik af in die plaasdam wat omskep is in 'n swembad, en staan laatmiddag verstom voor die asemrowende sonsondergange. Een van die dienste wat ons bied is 'n laatmiddag-rit - gaste is mal oor die krioelende sterrehemel op pad terug. Dan is daar ook nog legio plaaspaaie vir lang wandelinge en bergfietsritte. Sluit gerus aan by die oggend-uitstappie na die ongelooflike rotstekeninge!

Sit gerus en nuttig 'n drankie as jy uitgeput is van al die uitstappies - of gaan soek nog onontdekte rotstekeninge. Jy is ook welkom om aan te sluit by die boer om te kyk hoe hy sy dagtake verrig. Perde word gebruik om die werk te verrig en jy kan ook kyk hoe die bokke weeslammertjies soog.

Hier by Joosteswerwe bly ook 3 ervare pensteekruiters. As jy graag meer wil leer oor hierdie sierlike perderuitersport, sal hulle jou graag touwys maak.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 97 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Mark C
Besigheidsreis
5.0
Great. Absolutely great service.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Patrick V
5.0
Karoo gem. Wow, what an incredibly special place. We regret not having stayed longer. Clean, well-maintained, and perfectly furnished. ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024
Gisela M
5.0
Historic farm stay in the Karoo. Lovely converted building. Comfortable overnight stay in a beautiful location.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2024
Dirk S
Gesin met klein kinders
5.0
Net sterre en stiltes die hele aand. Uitstekend. Heerlik op die plaas gebly. Die kinders het lekker in die dam geswem en buite gebraai was lekker.
Jan 2024
Elouise V
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was so lekker om vir 'n aand te boer! Dit was vreeslik lekker, rustig, skoon. Sal beslis weer gaan.
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Martin Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 120

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Kokerskolk Plaas, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
  • Gaste dink Joosteswerwe Guest Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 150
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kokerskolk Plaas, Carnarvon, 8925, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYxYTFjODA0LTkxMmQtNDY2Mi1hMDgyLWU2N2RiYTQ3Yjk4OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 150 per nag, vir 2 mense 97 5 1 5 Kokerskolk Farm Carnarvon 8925 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.686805555556 22.452194444444

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang