JoziStay - 51 Oakmont Jackal Creek Apartment
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jackal Creek Gholflandgoed, Eenheid 51 Oakmont, Boundary-weg North Riding, Roodepoort, 2169, Gauteng
- Vanaf R1 400 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
JoziStay - 51 Oakmont Jackal Creek Apartment is 'n selfsorgwoonstel op die Jackal Creek Gholflandgoed in North Riding, Roodepoort. Dié veilige kompleks spog met heelwat geriewe en is lekker naby verskeie besienswaardighede.
Die woonstel is smaakvol versier en het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat opgemaak kan word as 2 enkelbeddens, en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Die woonkamer het 'n stapelbed vir 2 kinders en die badkamer het 'n bad en 'n stort.
Die kombuis is ten volle toegerus en daar is 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die woonkamer het 'n platskerm-TV met Netflix en gratis WiFi. Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad en 'n veilige parkeerplek vir 1 motor.
Verder het die landgoed 'n puik 18 putjie-gholfbaan, klubhuis, gimnasium, swembaddens, 'n gesondheidsentrum, restaurante, muurbalbane en tennisbane.
51 Oakmont Jackal Creek Golf Estate is naby Northgate Winkelsentrum, privaat skole, Life Wilgeheuwel Hospitaal, Olivedale en die Flora Kliniek. Dit is ook net 30 minute se ry van die Wieg van die Mensdom, Gold Reef City, Silverstar Casino, en Montecasino af.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Kobus Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 35
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Jackal Creek Gholflandgoed, Eenheid 51 Oakmont, Boundary-weg North Riding, Roodepoort, 2169, Gauteng
- Gaste dink JoziStay - 51 Oakmont Jackal Creek Apartment het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jackal Creek Gholflandgoed, Eenheid 51 Oakmont, Boundary-weg North Riding, Roodepoort, 2169, Gauteng