Junior Thatched Cottage @ Hogs Guesthouse
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Klipdrift 66, Hogs Guesthouse, Dinokeng Wildreservaat, 0400, Gauteng
- Vanaf R1 850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Hogs Guesthouse is 'n bekoorlike grasdak-gastehuis wat uit verskeie eenhede bestaan. Dit is op 'n perseel van 3 hektaar in die hartjie van die Dinokeng Groot 5-wildreservaat. Die gastehuis is 53,5 kilometer vanaf Pretoria en 118 kilometer vanaf Johannesburg.
The Junior Thatched Cottage @ Hogs Guesthouse is 'n bekoorlike eenslaapkamerkothuis met slaapplek vir 2 gaste. Die smaakvolle eenheid het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die kombuis lei na die sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV.
Die deure van die sitarea lei na 'n groot onderdakstoep met buitesitplek, perfek vir buitelug-etes. Daar is ook 'n privaat braai-area.
Verder het gaste toegang tot die goed versorgde grasperke, gemeenskaplike swembad en sentrale braai-areas.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Klaudia Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 63
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Klipdrift 66, Hogs Guesthouse, Dinokeng Wildreservaat, 0400, Gauteng
- Gaste dink Junior Thatched Cottage @ Hogs Guesthouse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Klipdrift 66, Hogs Guesthouse, Dinokeng Wildreservaat, 0400, Gauteng