Juntos @ 891
Kry 15% af vir verblyf wat 8 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Boundary-weg 44, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
-
Vanaf
R3 300R2 805 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Juntos @ 891 is 'n ruim selfsorghuis in die lieflike kusdorpie Pringlebaai. Die huis is ideaal vir 'n gesin of groep vriende en dis net 'n entjie se stap vanaf die hoofswemstrand en die middedorp.
Die huis bied slaapplek aan 8 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed vir kinders en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Gaste in dié slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die huis het gasgeisers, so daar is altyd warm water.
Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus en daar is ook 'n toonbank met stoele. 'n Wasmasjien en skottelgoedwasser is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste, 'n gerieflike sitarea, binnebraai en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar.
Die stapeldeure lei na 'n groot dek met meubels, 'n houtvuurwarmbad en 'n Weber-braai. Die huis het ook 'n tweede kuierarea met 'n pooltafel. Daar is 'n buitestort vir wanneer gaste terugkom van die strand af.
Die huis het 'n alarmstelsel en ononderbroke kragtoevoer vir die alarm, WiFi en TV. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
1 x Kinderstapelbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Spaans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Jacuzzi
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Lindie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 30
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Boundary-weg 44, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
- Gaste dink Juntos @ 891 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Pringlebaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Boundary-weg 44, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang