Kaalvoet Koppies
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Roodekopjes Plaas, Brits, 0250, Noordwes
-
Vanaf
R544R363 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Kaalvoet Koppies bied 'n Bosveld-ervaring met 'n verskeie voël- en wildspesies. Die plaas is 7 km buite Brits geleë.
Verblyf is beskikbaar in 3 chalets wat elk 'n klerekas, lugversorging en slaapplek vir 2 gaste het. Klipspringer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Zebra en Tsessebe is 2 chalets wat teenaan mekaar gebou is, semi-apart, met 'n tussendeur wat kan sluit. Die badkamers het elk 'n stort, wasbak en toilet. Geriewe in die kamer sluit tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n yskas in. Elke chalet het sy eie braaigeriewe buite en 'n stoof binne.
Daar is ook 7 kampeerplekke. Die karavaanstaanplekke is groot genoeg vir 'n karavaan en 'n klein tent. Gaste maak van gemeenskaplike ablusiegeriewe met 4 toilette, wasbakke en storte gebruik.
Die oopplan-lapa het 'n kombuis, eetkamer en 'n sitkamer. Die kombuis het 'n dubbeldeur-yskas, 'n stoof met 'n oond, ingeboude kaste, breekware, eetgerei, koffie- en teemaakgeriewe en 'n eet- en sitarea. Daar is braaigeriewe en 'n boma. Lapa is apart van chalets en word teen ekstra tarief verhuur per dag.
Die plaas het 'n varswaterdam wat ideaal is vir visvang. Etes is op versoek beskikbaar. Kaalvoet Koppies is die ideale bestemming vir oornagverblyf of net 'n rustige wegbreek. Dis ook geskik vir kontrakteursverblyf.
Kaalvoet Koppies is slegs 30 km vanaf Hartbeespoort met 'n hele rits besienswaardighede.
Kenmerke
Geriewe
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Dataprojektor
- Witborde
- Skootrekenaar-projektor
- Internet
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Lizelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 21
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Roodekopjes Plaas, Brits, 0250, Noordwes
- Gaste dink Kaalvoet Koppies het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 18 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Roodekopjes Plaas, Brits, 0250, Noordwes