Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

KaapsePracht Bed & Breakfast

Gastehuis
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 12 de Villiers Straat, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 850 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

KaapsePracht is 'n moderne gastehuis in die pragtige dorp Somerset-Wes. Dit is in 'n rustige woonbuurt geleë aan die voet van die Helderberge en is net 20 minute se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Verblyf word aangebied in 3 luukse gastekamers, elk met 'n ekstra lang koninggrootte-bed en en suite-badkamer met 'n dubbelstort en dubbelwasbak. Een van die kamers het selfsorgfasiliteite. Elke kamer het ook sy eie privaat patio wat uitkyk oor die swembad en luisterryke tuin. Geriewe in elke kamer sluit in: 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, internet en tee- en koffiemaakgeriewe. Veilige parkeerplek is beskikbaar aan gaste.

KaapsePracht is stapafstand van 'n verskeidenheid restaurante en 'n maandelikse kuns- en kunsvlytmarkie af. Daar is ook 'n hele paar pragtige strande na aan ons. Die gastehuis word omring deur gehalte gholfbane en wynlandgoedere asook prentjiemooi roetes wat jou vinnig by plekke soos Stellenbosch, Franschoek en Paarl sal bring. Daguitstappies na die Wynlande, 'n potjie gholf, walviskyk in Hermanus of enige iets wat jou hart begeer is beskikbaar en kan maklik gereël word by die gastehuis. Ons sal seker maak dat jou verblyf by ons absoluut onvergeetlik is.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Henk Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • 12 de Villiers Straat, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Gaste dink KaapsePracht Bed & Breakfast het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 850
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 850
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 12 de Villiers Straat, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3bdd89dc4fea578771c43ed26ea4cf2db061cc0144ed7cfa7dfda8b4aa617dea13658f142ac6d01c114b7c5d7c5347443e49?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 850 per nag, vir 2 mense 8 5 1 5 12 de Villiers Street Somerset West 7130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -34.073348476268 18.844036459923

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang