Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kabeljou 202

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-laan 96, Kabeljou 202, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Kabeljou 202 is 'n ruim selfsorgwoonstel vir 6 gaste sowat 300 m vanaf die strand in Hartenbos.

Die woonstel is op die tweede verdieping en beskik oor 2 slaapkamers wat 'n badkamer met 'n stort-oor-bad deel. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en 'n stapelbed. Daar is 'n enkelslaapbank in die sitarea. Gaste moet asb. hul eie strand- en badhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, stoof, oond, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n ontbyttoonbank.

Daar is 'n sitarea met 'n TV en DStv wat toegang bied tot 'n balkon met 'n ingeboude braai-area en 'n gedeeltelike see-uitsig. Veilige parkeerplek is beskikbaar. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Kabeljou 202 is 300 m van die Waterpark en 350 m van die Hartenbos Seefrontsentrum af. Gaste kan hengel, swem, en kyk hoe walvisse en dolfyne tussen Mei en November in die baai baljaar, asook die ATKV-Hartenbos-museum van die Groot Trek besoek.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

2 x Slaapsaalbed

Leefarea

1

1 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.4
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Yolande S
Gesin met tieners
5.0
Baie skoon en het elke oomblik geniet. Pragtige plekkie. Ons gaan vir seker weer daar kom bly.
Okt 2024
Quintin V
Gesin met klein kinders
4.8
Gerieflik, rustig, veilig. Baie lekker gebly! Veilige parkering en loopafstand van byna alles.
Jun 2024
Armand Rudolph B
Saam met lewensmaat
4.6
Netjies. Aangename woonstel. Net jammer die straat voor die woonstel word laat aand 'n resiesbaan tot by die hobbel en daarna. Darem nie elke aand nie...
Sien meer
Des 2024
Danie S
Saam met lewensmaat
4.6
Was 'n baie lekker besoek, definitief die moeite werd. Sal weer gaan. Baie lekker, dankie. Veilige plek met lekker mense.
Mrt 2024
Francois J
4.6
Lekker uitrus vakansie. Alles is loopafstand. Goeie see-uitsig vanaf braai-area. Skoon en netjies met intrek.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Cornè Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 26

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Port Natal-laan 96, Kabeljou 202, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kabeljou 202 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal-laan 96, Kabeljou 202, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0a986c8077f847efbb386d073ceffa7f7d4e1ce670d35b8c2e89b489028e358e5d390600753674b0ee9524b984ea0144978d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6) 22 5 1 5 96 Port Natal Avenue Kabeljou 202 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.12815785999 22.114405075593

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang