Kadudu Guest House
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 21 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kromhoutstraat 39, Kathu, 8446, Noord-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Kadudu Guest House is in 'n stil woonbuurt van Kathu geleë in die Noord-Kaap. Dit is ideaal as 'n oornagbestemming vir sakereisigers of 'n rustige reisiger.
Verblyf word gebied in 9 moderne versierde kamers. Elke kamer het sy eie privaat ingang. Die kamers het 'n verskeidenheid van dubbelbedddens, driekwartbeddens, enkelbeddens en koninggrootte-beddens met ekstra lengte. Elke kamer het lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, ingeboude kaste, 'n lessenaar met 'n stoel en tee- en koffiemaakgeriewe. Drie van die kamers het kombuisies wat met 'n ketel, yskassie, mikrogolfoond en 'n induksiestoof toegerus is.
Die eetsaal is volledig ingerig en akkommodeer 21 gaste. Gaste kan die gemeenskaplike area met 'n swembad en braaigeriewe benut. Veilige parkeerplek word voorsien.
'n Kragopwekker voorsien die hele perseel van krag tydens beurtkrag.
Die perseel is binne 'n 4 km-radius vanaf Sishen-gholf- en buiteklub en verskeie restaurante en winkels.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Willanie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 38
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Kromhoutstraat 39, Kathu, 8446, Noord-Kaap
- Gaste dink Kadudu Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kathu Kalahari Noord-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 21 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kromhoutstraat 39, Kathu, 8446, Noord-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang