Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

KaiaMina at Hartenbos

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Essenhoutlaan 84, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 050 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

KaiaMina at Hartenbos is 'n moderne woonstel wat goed ingerig is en in die rustige Hartenbos-heuwels geleë is. Kaiamina die beste van twee wêrelde: ons is naby (2,5 km) die immergewilde Hartenbos-strandfront en dorpskern, maar ver genoeg van Hartenbos se vakansie-gewoel. Gaste kan na 'n bedrywige dag op die strand, by die winkels of langs die Tuinroete heerlik onder die sterre op die dek of langs die braaivleisvuur ontspan. Die eenheid is ook by belangrike toegangsroetes na Mosselbaai en Oudtshoorn en naby die N2 wat jou na Gqeberha (Port Elizabeth), George en die Lughawe, Kaapstad en natuurlik die mooie Tuinroete sal neem.

Vanaf die dek bo die woonstel kan gaste ‘n lieflike uitsig op die Outeniekwaberge en oor die Hartenbosrivier geniet en daar is ook 'n beperkte see-uitsig.

Die eenheid het 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -slaaparea. Daar is dus nie 'n aparte slaapkamer nie. Die eenheid bied slaapplek vir 2 gaste op 'n dubbelbed. Daar is ook 2 enkelbeddens ('n dagbed met 'n onderbed). Die eenheid is meer geskik vir 2 volwassenes, maar het ook slaapplek vir 2 kinders of dan 3 volwassenes. Daar is ‘n volledige, aparte badkamer met 'n bad en 'n stort. Gaste moet asb hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus met 'n tweeplaatstoof en 'n oondjie, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en 'n toebroodjierooster.

Daar is ook 'n buite-wasbak waar gaste hul swemklere kan uitspoel en seesand kan afspoel. 'n Wasgoedlyn en wasgoedrak is beskikbaar.

Geriewe sluit lugversorging, 'n handwapenkluis, onbeperkte WiFi en 'n TV met Disney+ en Netflix in. Daar is 'n ekstra lang HDMI-kabel vir enige toepaslike toestel. Gaste het toegang tot die dek, buitebraai-geriewe en 'n tuinstel.

Die eenheid is op die grondvloer voor die hoofhuis wat beteken dat gaste ongestoord kan kom en gaan. Onderdakparkeerplek is beskikbaar reg voor die woonstel. Die hele voortuin is ook beskikbaar vir gaste se privaat gebruik.

Ons bied 'n wasgoeddiens teen addisionele koste. Indien vooraf gereël, verskaf ons 'n basiese wegneem-ontbytpakkie teen ekstra koste.

Kamer-opset

Kapasiteit: 4 Aantal kamers: 2 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 4 mense
1 xDubbelbed
1 xKinderbank vir 2
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Verekombers
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Tv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 106 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Amanda S
Saam met lewensmaat
5.0
I had a lovely time at KaiaMina at Hartenbos and would definitely visit again. I had a wonderful stay at KaiaMina at Hartenbos. We were...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2024
Tessa M
Gesin met klein kinders
5.0
Was my eerste keer in Hartenbos/Mosselbaai, weet net ek sal weer teruggaan. My verblyf was aangenaam en rustig. Die uitsig van my voordeur was so mooi...
Sien meer
Jun 2024
Jannie F
Besigheidsreis
5.0
Uitstekend. Heerlik gebly, netjies en gerieflik.
Jun 2024
Marius S
Besigheidsreis
5.0
Heerlik gewees. Heerlike verblyf en gasvryheid, sal hulle beslis weer besoek.
Mei 2024
Norma O
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer gebruik maak van woonstel. Lekker gebly, mooi skoon. Goed ontvang deur die eienaar. Heerlike melktert. Wenner.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elmien Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 106

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Essenhoutlaan 84, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink KaiaMina at Hartenbos het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 050
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 050
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Essenhoutlaan 84, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAkiD9vqxDvk7bneyZeAo0e4W1MtfbqueIeWD02tpw78g8yDP8eE?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 050 per nag, vir 4 mense 106 5 1 5 84 Essenhout Avenue Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -34.122407833809 22.103274464607

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang