Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

KaiaMina at Hartenbos

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
    3 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Essenhoutlaan 84, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 per nag, vir 3 mense

Beskrywing

KaiaMina at Hartenbos is 'n moderne woonstel wat goed ingerig is en in die rustige Hartenbos-heuwels geleë is. Kaiamina die beste van twee wêrelde: ons is naby (2,5 km) die immergewilde Hartenbos-strandfront en dorpskern, maar ver genoeg van Hartenbos se vakansie-gewoel. Gaste kan na 'n bedrywige dag op die strand, by die winkels of langs die Tuinroete heerlik onder die sterre op die dek of langs die braaivleisvuur ontspan. Die eenheid is ook by belangrike toegangsroetes na Mosselbaai en Oudtshoorn en naby die N2 wat jou na Gqeberha (Port Elizabeth), George en die Lughawe, Kaapstad en natuurlik die mooie Tuinroete sal neem.

Vanaf die dek bo die woonstel kan gaste ‘n lieflike uitsig op die Outeniekwaberge en oor die Hartenbosrivier geniet en daar is ook 'n beperkte see-uitsig.

Die eenheid het 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -slaaparea. Daar is dus nie 'n aparte slaapkamer nie. Die eenheid bied slaapplek vir 2 gaste op 'n dubbelbed. Daar is ook 2 enkelbeddens ('n dagbed met 'n onderbed). Die eenheid is meer geskik vir 2 volwassenes, maar het ook slaapplek vir 2 kinders of dan 3 volwassenes. Daar is ‘n volledige, aparte badkamer met 'n bad en 'n stort. Gaste moet asb hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is ten volle toegerus met 'n tweeplaatstoof en 'n oondjie, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en 'n toebroodjierooster.

Daar is ook 'n buite-wasbak waar gaste hul swemklere kan uitspoel en seesand kan afspoel. 'n Wasgoedlyn en wasgoedrak is beskikbaar.

Geriewe sluit oa lugversorging en 'n handwapenkluis in. Gaste het toegang tot gratis WiFi, sowel as 'n TV met Netflix en gaste is meer as welkom om hul eie aanmeldkodes te gebruik. Gaste het toegang tot die dek, buitebraai-geriewe en 'n tuinstel.

Die eenheid is op die grondvloer voor die hoofhuis wat beteken dat gaste ongestoord kan kom en gaan. Onderdakparkeerplek is beskikbaar reg voor die woonstel. Die hele voortuin is ook beskikbaar vir gaste se privaat gebruik.

Kamer-opset

Slaapplek vir 5 mense 1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

4

1 x Dubbelbed

1 x Kinderbank vir 2

Leefarea

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 112 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Reggie V
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike rustige oornag verblyf. Netjiese ruim woonstel. Met aankoms was daar koffie gereed en selfs 'n melktert.
Jan 2025
Ella D
Gesin met klein kinders
5.0
Wonderlike gasvrou met 'n fyn oog vir detail en 'n warm ontvangs. Heerlike plekkie met alles wat jy nodig het.
Jan 2025
Frank G
Saam met vriende
5.0
Wonderlike plek. Heerlik gerus, alles wat nodig is, is beskikbaar. Sal weer daar gaan uitspan.
Okt 2024
Mekayla S
Saam met lewensmaat
5.0
Ons kuier was lieflik gewees, ligging is pragtig en ook baie veilig. Die wegbreekie was wonderlik gewees. Omgewing was pragtig gewees. Sal definitief ...
Sien meer
Okt 2024
Mercia D
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely overnight stop for us. Welcoming hostess. Thank you for the percolated coffee and milktart!
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elmien Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 112

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Essenhoutlaan 84, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink KaiaMina at Hartenbos het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 3 mense
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 3 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 5 persone
    3 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Essenhoutlaan 84, Hartenbos, Mosselbaai, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAkiD9vqxDvk7bneyZeAo0e4W1MtfbqueIeWD02tpw78g8yDP8eE?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 3 mense 112 5 1 5 84 Essenhout Avenue Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -34.122407833809 22.103274464607

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang