Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kalahari Camelthorn Camping and Guesthouse

  • Kapasiteit: 85 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vaal Kameel-straat 95, Askham, 8814, Noord-Kaap
  • Vanaf R600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kalahari Camelthorn Camping and Guesthouse is in Askham geleë en bied gaste ontspannende verblyf in 'n stil omgewing onder die skaduryke bome met 'n verskeidenheid voëls.

Gaste kan kies tussen 4 Camelthorn Camping-staanplekke met slaapplek vir maksimum 6 gaste en slegs 1 voertuig per staanplek. Elke staanplek het sy eie braaigeriewe, water, elektrisiteit en aangewese ablusiegeriewe. Die ekstra staanplek, nommer 5, is ook beskikbaar indien ablusiegeriewe gedeel word met vriende wat saam kamp. Elkeen van die staanplekke is in die skadu en het sy eie grasperk. Daar is 'n boma beskikbaar sodat gaste onder die Kalahari-sterre kan vuurmaak.

Die Camelthorn Gastehuis bestaan uit 2 eenhede. Albei beskik oor lugversorging en privaat en suite-badkamers met storte, wasbakke en toilette. Daar is ook 'n buitekombuis en elke eenheid het privaat braaigeriewe.

Die Gesinseenheid het 2 slaapkamers, een met 'n dubbelbed en een met 'n driekwartbed. Daar is ook 'n ingangsportaal met 'n yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n mikrogolfoond. Hierdie eenheid het sy eie eetarea met onderdakbraaigeriewe vir beskerming teen die Kalahari-son in 'n boomryke area.

Kalahari-eenheid 2 het 'n koninggrootte-bed wat op versoek in 2 driekwartbeddens omskep kan word. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die eenheid het 'n kombuisie wat met die basiese verhit-en-eetgeriewe toegerus is, asook 'n klein eetarea. Onderdakbraaigeriewe met 'n buitekook- en opwasarea is beskikbaar. Dit word omring met skaduryke bome.

Kameeldoringhout, vuuraanstekers en ys is op die perseel te koop.

Daaglikse skoonmaakdienste is beskikbaar teen ekstra koste. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Kalahari Camelthorn Camping and Guesthouse is omhein, so kinders kan veilig hardloop en speel.

Gaste kan gaan stap of met hul eie fietse rondry. Askham het ook verskeie bergfiets- en 4x4-roetes. Die omgewing is ideaal vir sandplankry of baljaar in die Soutpan. Besienswaardighede in die omgewing sluit die Meerkat Sanctuary en 'n werkende kameelplaas in. Gaste moet vroegtydig hierdie aktiwiteite bespreek.

Askham se besigheidsarea is binne stapafstand en is oop van 08:00 tot 17:00. Die Diamond T-koffiewinkel is om die draai en bedien ontbyt, middagetes of vroëe aandetes en wegneemetes. Hierdie koffiewinkel is ook oop van 08:00 tot 17:00 en Saterdae van 09:00 tot 14:00. Sondae is hul gesluit.

Askham het 'n slaghuis met die heerlikste biltong en droëwors en 'n groot verskeidenheid vleis. Kaap Agri en KLK is naby genoeg en het vulstasies. Daar is ook 'n Trading Post-snuisterywinkel en drankwinkel in die omgewing.

Askham beskik ook oor 'n gesondheidskliniek waar 'n suster 24/7 op roep is.

Kalahari Camelthorn Camping and Guesthouse is 180 km noord van Upington, 73 km vanaf die Kgalagadi Oorgrenspark, 83 km vanaf Rietfontein Grenspos en 15 km vanaf Bokspits, die Botswana Grenspos.

Dagbesoeke na die Kgalagadi Oorgrenspark kan ook op versoek bespreek word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 17 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.8
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Rene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Vaal Kameel-straat 95, Askham, 8814, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kalahari Camelthorn Camping and Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 85 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vaal Kameel-straat 95, Askham, 8814, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA565eff3ef3063acc27ca31adbc0ff59294034b53168cd2bd2880fc7187393f27fd1f89046c3bcb63e2735eddd088c18f3b76?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 17 5 1 5 95 Vaal Kameel Street Askham 8814 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.981494314158 20.782054969575

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang