Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kalahari Sands Gastehuis

  • Kapasiteit: 67 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 142/1, Askham, 8814, Noord-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Kalahari Sands Gastehuis is in Askham geleë en bied selfsorg-eenhede in 'n veilige omgewing.

Besoekers het 'n keuse van 'n verskeidenheid eenhede met lugversorging, naamlik: Khoi, Elna, TJ se 1-slaapkamer of TJ se 2-slaapkamer, Bossie's, Betta's Magic Place, Lonkies en Wilna's. Elkeen van die eenhede is afsonderlik, privaat en gemeubileer met 'n enkel-, driekwart-, dubbel- of koningingrootte-bed, of 'n kombinasie daarvan. Die eenhede het privaat badkamers met storte in die meeste, terwyl die 1 badkamer oor 'n bad en 'n handstort beskik. Topgehalte-beddegoed en -handdoeke word verskaf, asook elektriese warmkomberse in die winter.

Alle eenhede is ingerig met mikrogolfoonde, yskaste en koffie- en teemaakgeriewe. Sommige van die eenhede het 'n stoof, terwyl ander oor 'n tweeplaatstoof beskik. TV's met DStv-hotelpakkette is beskikbaar. Daar is ook privaat braaigeriewe vir elke eenheid beskikbaar. Onderdakparkeerplek is beskikbaar vir sommige eenhede, terwyl daar parkeerplek onder bome is vir die ander.

Etes en wasgoeddienste is ook beskikbaar op versoek. Goedgemanierde troeteldiere is welkom op versoek.

'n Verskeidenheid voëlspesies kom in die area voor, wat dit die ideale bestemming vir voëlkykers maak.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 41 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Hugo V
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangenaam. Dankie, ons het lekker gebly.
Sep 2024
Anita D
Saam met lewensmaat
5.0
Salig en rustig en stil. Baie rustige, veilige, gerieflike verblyf. Het dit baie geniet, kan dit vir seker aanbeveel. Gasvrou baie vriendelik en behul...
Sien meer
Jun 2024
Hedemarie B
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende oornag geleentheid. Ons verwagtinge is oortref. Rustig, veilig en gerieflik met alles wat jy benodig.
Jun 2024
Hildegarde B
Saam met lewensmaat
5.0
Puik, pragtige verblyf. Puik gastehuis. Netjies en die vriendelikste gasvrou. Askam is 'n klein dorpie en ons het nie so 'n pragplek verwag nie. Die k...
Sien meer
Mei 2024
Neels D
Saam met vriende
5.0
Heerlike oornag in gerieflike akkommodasie. Baie gerieflike oornagplek op pad na Kgalagadi. Dankie vir jou gasvryheid.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Hannetjie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 41

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Erf 142/1, Askham, 8814, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kalahari Sands Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 67 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 142/1, Askham, 8814, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGExMzllM2U5LWYzOWUtNGVmZi05NzE0LTE4MTUzYzdkMzk2NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 41 5 1 5 Plot 142/1 Askham 8814 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.98084 20.78169

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang