Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kalahari Water Holiday Farm

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Goed

Netheid
3.8
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.7
Diens
3.9
Veiligheid
4.2
Danita D
1 nag
5.0
Apr 2024

Baie lekker ontspan. Baie dankie vir julle gasvryheid.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jenny B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2023

Beste oorslaap vir langpad Weskus toe. Baie dankie Dirk en Helene vir vriendelike ontvangs en alles is daar wat nodig is in kamp staanplek. Rustig en vredevol na langpad van JHB af en ons kon lekker uitrus vir langpad Weskus toe. Sal beslis weer by jul oornag.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Helene
Kalahari Water Holiday Farm
Goeie middag Jenny Baie dankie vir jou positiewe terug voering. Ons is bly as ons gaste die rustigheid geniet saam die natuur. Ons sien uit na jul volgende besoek. Vriendelike Groete Helene

Daniel B
1 nag
5.0
Apr 2023

Die diens en fasiliteite was puik. Ek was aangenaam verras. Die plek was baie netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Helene
Kalahari Water Holiday Farm
Goeie middag Daniel Baie dankie vir jul terug voering, dis 'n plesier om te hoor hoe ons gaste ons dienste en die stilte van die mooie natuur kan bewonder. Vriendelike Groete Kalahari water Helene

Anonieme gas
1 nag Saam met lewensmaat
3.4
Jan 2024

Netheid
3.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Rodney C
Kort verblyf Besigheidsreis
1.4
Feb 2024

Everything about this place is wrong. Dreadful. I definitely will not stay there again.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
1.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0

Collin W
Kort verblyf Gesin met tieners
4.2
Des 2023

Kinders kan hulself nie geniet daar nie. Geen swemgeriewe. Swembad is by die eienaar se huis en as sy gaste het kan daar nie geswem word nie soos ons ervaar het.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Helene
Kalahari Water Holiday Farm
Goeie middag Collin Die swembad is daar vir almal se geriewe. Al die ander gaste het heerlik kom afkoel in die swembad. Julle kinders het ook kom swem onder die ouer sussie se toesig. 1. Die swembad is nie by my huis nie, maar agter die hoof gastehuis soos ek aan julle verduidelik het. By die Damhutte waar julle bespreek het, het ek julle ingelig dat daar ook 'n blou swembad by die speelparkie opgerig is vir julle gerief en waar julle 'n oog oor die kinders kan hou waar julle sit en kuier. 2. Julle was meer bedag by die familie in Keimoes en 'n paar keer het familie by julle kom kuier. 3. My kinders was net vir Kersdag by my gewees en hulle het nie eers geswem nie. Vriendelike groete.

Wouter D
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Des 2023

Baie heerlik en mooi. Baie ontspanne blyplek. Dit is 'n mooi omgewing en vriendelike mense.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
1.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Daniel B
1 nag
3.8
Des 2023

Soos ek sê, was daar geen water nie. Was bietjie teleurgesteld. Geen water tydens my verblyf. Niemand by ontvangs.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Helene
Kalahari Water Holiday Farm
Goeie middag Danie Baie dankie vir jou terugvoering. Jammer dat ek nie by ontvangs was met jou aankoms nie. Ek en ou Willie was besig op die gastehuisperseel met die waterprobleem wat ek na jou genoem het. En het dadelik met jou oproep kantoor toe gegaan. Die waterprobleem was buite ons beheer en het gepoog om dit reg te stel, ek het jou met aankoms verwittig dat daar tans 'n probleem was en ons aandag daaraan gee. Weer eens baie jammer ons glo dat julle ons weer sal besoek. Geniet die hitte van die Kalahari Vriendelike groete Helene

Carol-ann M
1 nag Saam met lewensmaat
2.4
Des 2023

Terrible. Hierdie ou karavaan sal ek nie eers vir my bediende laat inbly nie. Ek het nie gevra vir 'n karavaan nie, maar wel 'n selfsorg-eenheid. Daar is miere oral. Die plek is nie goed vir 3 ster nie. Plakkers op jou beste en kyk na foto's van binne die plek daar is nie. Die 2-plaat stoof is 'n gemors, staan op bakstene en daar is geen oond nie.

Netheid
1.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
1.0
Helene
Kalahari Water Holiday Farm
Goeie môre Carol-Ann, Baie dankie vir jou terugvoering, ons is opreg jammer oor jul ervaring by ons en probeer om daarop te verbeter. Ons sal aandag gee aan jul terugvoering. Jul is met flinkheid en vriendelike diens ontvang, en met elke navraag onmiddellik en vriendelik aandag aan gegee. As ek nie vol bespreek was nie, sou ek jul met liefde geskuif het, al het jul nie die eenheid bespreek nie. Die afdeling waar u bespreek het is by die Damhutte selfsorg eenhede insluitend Kolgans (die karavaan), wat 'n rustige eenheid is, meer privaat van die ander plekke. Die eenheid was netjies en skoon gewees, ek het nog 'n ekstra waaier vir jul gebring vir die hitte wat ons ervaar het. Die miere is ongelukkig deel van die natuur, en ek het dadelik vir iemand gekontak en weer muurgif rondom en in jul plek laat spuit. In al ons eenhede, die (Old Farmhouse wat 3 ster is) en die Damhutte waar jul bespreek het, het ons 2 plaat stofies in sonder 'n oond. Nog nooit het gaste daaroor gekla nie. Kolgans se stofie is met 'n doel gelig, omrede die plate op dieselfde hoogte as die venster is. Ek vertrou dat jul die uiteensetting van die 2 verskillende selfsorg eenhede, nl Damhutte en Old Farmhouse wat 3 ster is, verstaan. Sou jul weer by ons wou bespreek, bespreek asb by die Old Farmhouse wat 3 ster is. Vriendelike groete

Elize C
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2022

Skoon, rustig en veilig. Tuine netjies, kamers skoon en netjies, veilig, ontvangs baie vriendelik en genoeg warm water.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Helene
Kalahari Water Holiday Farm
Baie dankie Elize, vir jou goeie terugvoering. Hul het 'n wegbreek naweek gehad en ons is bly dat jul by ons kon kom rus en ons rustigheid natuur kon ervaar. Kom kuier gou weer.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

3.9/5

Helene Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 61

Op LekkeSlaap 15 jaar

Vanaf
Vanaf R630
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R630
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 38 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malanshoekweg 7, Keimoes, 8860, Noord-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAP96199qalgIO79RA35hA0g40kCQhVuYyuGNO9L0UZ9Ysx1yDhO?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R630 per nag, vir 2 mense 61 5 1 4 7 Malanshoek Road Keimoes 8860 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -28.717746018227 20.956174135208

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang