Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kaleb Landgoed Gastehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Banareng-weg, Kaleb Landgoed, Bethlehem, 9701, Vrystaat
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kaleb Landgoed Gastehuis is 'n pragtige en netjiese selfsorghuis in Bethlehem, Vrystaat. Die huis kan tot 4 volwassenes en 2 kinders akkommodeer en het ononderbroke water en elektrisiteit asook veilige parkeerplek. Woonwaens kan ook in die parkeerarea geakkommodeer word. Dit is die ideale oornagverblyf vir gaste op pad na KwaZulu-Natal aangesien dit net 4 km vanaf die N5 is.

Die eiendom beskik oor 2 lieflike slaapkamers en 2 badkamers. Elke slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Daar is 'n ruim oopplan-kombuis, -eetarea en -sitkamer. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste se klere kan op versoek teen 'n ekstra koste gewas en gestryk word. Die sitarea bied sitplek wat dien as slaapplek vir 2 kinders, 'n TV met DSTV en 'n skuifdeur wat oopmaak op 'n stoep wat oor die swembad en die tuin uitkyk.

Die eiendom is binne maklike bereik van plaaslike hoërskole, laerskole, Lavender Hill Wedding Venue, Dihlabeng Mall, Hoogland Mediclinic en Bethlehem Lughawe. Dit is ook net 15 minute se ry vanaf Clarens en 40 minute se ry vanaf Golden Gate.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Anrie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Banareng-weg, Kaleb Landgoed, Bethlehem, 9701, Vrystaat
  • Gaste dink Kaleb Landgoed Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Banareng-weg, Kaleb Landgoed, Bethlehem, 9701, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA38ccde8a0d24dbe818267b064b946165e08f757c9863f4b754cbdca71cf8a92d061a90ec610b5cd2f638a1ad481f584279e1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 Banareng Rd Kaleb Landgoed 9701 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.25823378911 28.334188036771

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang