Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kalimera

Selfsorg

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Baie goed

Netheid
5.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
3.5
Diens
4.0
Veiligheid
4.0
Nina B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Aug 2024

Mooi, rustig, veilig, gerieflik, heerlik gekuier! Heerlike kuierhuis, veilige area, rustige atmosfeer, gerieflik, skoon, mooi uitsig oor die lagoon, stapafstand van die strandmeer, naby die Weskus Nasionale Park. Ons kan Kalimera met 'n geruste hart aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Madeleine U
Kort verblyf
3.2
Des 2024

Mooi uitsig, lekker kuierspasie. Kalimera se ligging is uitstekend en die uitsig oor die seemeer is fantasties. Dis 'n lekker huis wat lekker ruimte bied vir groot groepe en ons het lekker gebly. Daar is egter 'n paar dinge wat baie ongewoon is vir 'n plek in die huis se prysklas: daar is geen skottelgoedwasser nie en presies net 8 borde, 8 koppies, 8 vurke ens. vir meeste eetgerei en breekware. Mens moet dus gedurig was om voor te bly en die skottelgoedpak- en droogspasie is beperk. Defnitief 'n vakansiebuidemper as mens heeltyd self moet skottelgoed was. Daar is omtrent nie 2 vurke, lepels, borde, koppies of glase wat dieselfde lyk nie. Dis asof die uitgooigoed by ander huise hier in die kas gedruk is. Die kombuis is swak toegerus met te min bakke, te min kapborde, geen vergiettes, slegs een skerp messie, ens. Daar is geen waaiers of lugreëling nie en dit raak vrek warm. Mens wil nie die vensters oopmaak vir koel naglug nie, want daar is geen diefwering nie. Die beddens het nie 'n laken anders as paslaken nie, so saam met die hitte kan jy jou nie eens met 'n dun laken toegooi nie. Dis so vreemd om net 'n duvet en geen laken tussenin te hê nie. Ek dink die huis het potensiaal, maar daar is 'n paar regtig nie duur items wat die verblyf baie meer gemaklik sal maak. Byvoorbeeld, toe ons daar kom was daar geen handseep nie. Na 'n lang rit wil mens mos hande was! Toe ons seep gaan koop, besef ons daar is geen seepbakkies nie, so die seep gly die wasbak vol. Daar is 'n paar goed in die huis wat gebroke is, soos die binnekant van die een badkamerdeur. Dis lyk my al lankal gebroke en hulle kan dit blykbaar nie regmaak nie. Bietjie gimnastiek om uit die een badkamer te kom moet toegepas word. Die huis bly regtig lekker, maar vir die prysklas kan die eienaar vir onder R10 'n skottelgoedwasser, bietjie waaiers, seepbakkies en meer kombuisware koop. Dis baie vreemd dat so 'n luukse woning met so min sorg en liefde toegerus is. Anders as dit kan mens lekker bly. Jy moet jou net sielkundig op die tekortkominge voorberei. Dis meestal klein dinge, maar met moewiese waardetoevoeging.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
2.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Zueney Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 20

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf
Vanaf R 4 900
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 4 900
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Geen kinders onder 7
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Penguin Place 18, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8414a3448becf4304896236b870655d80ae1ffb589411eed6cf58303b8c5ecee88fc64960e068d5fd3788d66c861cdca21db?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 900 per nag (plek vir 8) 2 5 1 5 18 Penguin Place Langebaan 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.1055877 18.0347894

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang