Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kaltenbach Cottages

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Houtbosdorppad J24 A, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kaltenbach Cottages is in die sogenaamde 'Misty Mountain' van Magoebaskloof tussen Polokwane en Tzaneen, en sowat 500m vanaf die R71 op die Houtbosdorppad, geleë. Dit is naby gewilde trou-venues in Magoebaskloof en Haenertsburg. Verblyf is in twee kothuise, Takbok en Loerie, beskikbaar.

Die kothuise is op 'n heuwel geleë, en spog met besonderse uitsigte oor die Essenhout Woud, waarin die hoogste boom in Afrika, asook die hoogste aangeplante boom in die wêreld, gevind kan word.

Takbok-kothuis is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers met twee enkelbeddens elk. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die leefarea met sy oopplan-uitleg beskik oor 'n kombuis, eetarea en sitarea met 'n groot binnebraai. Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste en 'n skuifdeur wat na 'n houtdek met 'n asemrowende uitsig lei. Takbok-kothuis bied boeke, tydskrifte, bordspeletjies, en legkaarte vir vermaak.

Loerie-kothuis is 'n eenvertrek-eenheid. Dit bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die aparte badkamer. 'n Kompakte kombuisie is volledig toegerus met kook- en eetgerei, twee-plaat gasstofie, yskas en mikrogolf. Die twee-sitplek eetarea bied 'n pragtige uitsig oor die inheemse bos, en 'n outentieke stofie dien as kaggel gedurende die berg se koel aande.
Bo-op die eenheid is 'n braai-area met 'n panoramiese uitsig oor die omgewing. Die braai-area is ingesluit by die tarief.

Beide eenhede het nie TV nie, maar gratis WiFi word voorsien. Stap, forelhengel, asook 'n waterval met 'n swempoel is 'n paar van die aktiwiteite wat alle gaste op die plaas kan geniet. Kaltenbach se labradors sal gaste graag na die swempoel vergesel!

Die kothuise is ook sentraal naby voetslaan- en bergfietsroetes en die Haenertsburg Trout Association se damme en riviere geleë.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 44 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Jacky V
Saam met lewensmaat
5.0
Had an amazing stay. Peaceful and quiet. Recommended for recovery from city stress. Cottage was clean and neat. Well equipped.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Elsa Janke J
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties, mooi, gesellig, sommernet lekker. Dit was 'n fantastiese tyd. Te kort gewees. Baie besienswaardighede, die langste aangeplante boom 5 km d...
Sien meer
Aug 2024
Elizma P
Saam met lewensmaat
5.0
Tuisvoel op sy beste! Kaltenbach was ongelooflik! Ek sou 10 sterre gee vir alles.
Jun 2024
Michele C
Saam met lewensmaat
5.0
Was 'n heerlike ervaring. Pragtige kothuis met die mooiste uitsig. Dit was so lekker, rustig met die mooiste uitsig en omgewing. Die kothuis is gerief...
Sien meer
Mei 2024
Lizanne H
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike aand gehad met die Bos uile wat buite ons kamer geroep het. Wat 'n klein juweel. Gerda se aanslag is fyn en alles wat 'n mens dalk kon vergee...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Gerda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 44

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • Houtbosdorppad J24 A, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Gaste dink Kaltenbach Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Houtbosdorppad J24 A, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4c933b9f4b22c26777f57722065a9b212060a0fbd1e59d390d562635d3f1df4b92f7c78c07593e15693385c64adb0cf27359?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 44 5 1 5 J24 A Houtbosdorp Pad Magoebaskloof 0730 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.868575933043 29.991439282894

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang