Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Kaltenbach Cottages

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Houtbosdorppad J24 A, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kaltenbach Cottages is in Magoebaskloof tussen Polokwane en Tzaneen, en sowat 500m vanaf die R71 op die Houtbosdorppad, geleë. Dit is naby gewilde trou-venues in Magoebaskloof en Haenertsburg. Verblyf is in twee kothuise, Takbok en Loerie, beskikbaar.

Die kothuise is op 'n heuwel geleë, en spog met besonderse uitsigte oor die Essenhout Woud, waarin die hoogste boom in Afrika, asook die hoogste aangeplante boom in die wêreld, gevind kan word.

Takbok-kothuis is geskik vir 4 gaste en het 2 slaapkamers met twee enkelbeddens elk. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die leefarea met sy oopplan-uitleg beskik oor 'n kombuis, eetarea en sitarea met 'n groot binnebraai. Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste en 'n skuifdeur wat na 'n houtdek met 'n asemrowende uitsig lei. Takbok-kothuis bied boeke, tydskrifte, bordspeletjies, en legkaarte vir vermaak.

Loerie-kothuis is 'n eenvertrek-eenheid. Dit bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die aparte badkamer. 'n Kompakte kombuisie is volledig toegerus met kook- en eetgerei, twee-plaat gasstofie, yskas en mikrogolf. Die twee-sitplek eetarea bied 'n pragtige uitsig oor die inheemse bos, en 'n outentieke stofie dien as kaggel gedurende die berg se koel aande.
Bo-op die eenheid is 'n braai-area met 'n panoramiese uitsig oor die omgewing. Die braai-area is ingesluit by die tarief.

Beide eenhede het nie TV nie, maar gratis WiFi word voorsien. Stap, forelhengel, asook 'n swempoel is 'n paar van die aktiwiteite wat alle gaste op die plaas en in die omgewing kan geniet. Kaltenbach se labradors sal gaste graag na die swempoel vergesel!

Die kothuise is ook sentraal naby voetslaan- en bergfietsroetes en die Haenertsburg Trout Association se damme en riviere geleë.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 55 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Micha G
5.0
Recharge your soul! Really a beautiful little place to quiet your soul. I loved it! It is safe and very charming. A perfect place to ge...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Shelly B
Saam met vriende
5.0
Wonderful! Beautiful views. Quiet and restful environment. Helpful and kind hosts. Easy to travel around Magoebaskloof and look at the ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2025
Floris F
5.0
Clean, comfy and friendly. Clean, comfy and friendly.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Nov 2024
Louise R
Saam met vriende
5.0
Vind vrede vir die stadsiel hier in die woud. Dis ongelooflik mooi. Het lekker gebly, alles is daar wat mens nodig het. Dis stilte was goed vir die si...
Sien meer
Nov 2024
Rohan N
5.0
Baie mooi uitsig en vriendelike diens. Ja, was lekker en rustig.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Gerda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 55

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Houtbosdorppad J24 A, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
  • Gaste dink Kaltenbach Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Houtbosdorppad J24 A, Magoebaskloof, 0730, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4c933b9f4b22c26777f57722065a9b212060a0fbd1e59d390d562635d3f1df4b92f7c78c07593e15693385c64adb0cf27359?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 55 5 1 5 J24 A Houtbosdorp Pad Magoebaskloof 0730 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -23.868575933043 29.991439282894

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
272829303112345678910111213141516171819202122232425262728123456789