Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kamas Plaas

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Marlene F
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Aug 2024

Heerlik gekuier in hierdie pragtige plekkie. Pragtige, goed versorgde huis met alles wat jy nodig het. Pragtige plaas met die mooiste blomme.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Uys P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Stilte en skoonheid. Kamas plaas het ons siele gevoed. Oorverdowende stilte; net af en toe 'n skapie wat blêr. Verruklike omgewing. Vriendelike ontvangs deur Elise. Ruim plaashuis met alles wat 'n mens nodig het. Die asemrowende blomme 'n absolute bonus. Voeg die gekwetter van die talle voëltjies hierby en dis pure saligheid.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ina
Kamas Plaas
Goeiemiddag Uys, wat 'n voorreg om sulke pragtige gaste te kon ontvang. Baie dankie vir jul ondersteuning en die pragwoorde. Ons het nog baie te leer - maar ek stem saam, rus en vrede is die antwoord. Voorspoed en blessings, Ina en Elise.

Joan J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Heerlike blyplek in die Namakwaland. Voorwaar 'n plek waar 'n mens kan rus, stap en blomme kyk. Die skaap-ooie met hul lammers is 'n bonuspunt. Hier kan jy sonsondergange geniet en al die sterre in die hemelruim bewonder. Die gasvryheid is fenomenaal en ek sal dit plaashuis, wat behoorlik toegerus is, aan ieder en elk aanbeveel. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ina
Kamas Plaas
Goeiedag Joan, Wat 'n wonderlike span gaste wat ons ontvang het - baie dankie vir jul pragwoorde. Ons is so bly jul het dit geniet. Hoop ons sien weer. Baie blessings, Ina en Elise.

Annette F
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Aug 2024

Fantasties. Ons het die rustigheid en die skoonheid van die plaas en die omgewing baie helend gevind.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ina
Kamas Plaas
Hello Annette, Baie dankie vir jul terugvoer. Ons is bevoorreg om sulke wonderlike gaste te ontvang. Hoop om weer te sien. Baie blessings, Ina en Elise.

Delene D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jan 2024

'n Plek om jou siel te voed. Hierdie is 'n versteekte juweel wat oorval sal word met besprekings as dit ontdek word. Die huis is ruim met 'n asemrowende uitsig reg rondom. Die fotos kan nie reg doen aan die realiteit nie. Dit is met sorg, smaak en kwaliteit toegerus. As jy nodig het om te rus in stilte en afsondering en jou siel te voed op die natuur en sterrehemel is dit jou plek. Bespreek langer as wat jy dink jy wil bly. Daar is goeie WiFi opvangs (maar jy gaan nie werklik lus wees vir jou stadsgewoontes nie). Ons het in niks ontbreek nie. Redelike ent per grondpad, ons het dit met 'n sedan reggekry maar dit is nie wenslik nie, ry maar met ietsie hoër.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ina
Kamas Plaas
Hello Delene, dit was so wonderlik om jou te ontmoet. Baie dankie vir die pragtige woorde - ons waardeer dit so baie. Mag dit goed gaan met jou en dit sal lekker wees om jou weer te sien. Groete, Ina en Elise.

Tineke M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2023

Baie goeie waarde vir geld. Netjies gerestoureerde plaashuis 5km vanaf die hoof plaas werf op 'n werkende plaas. Gratis WiFi en sonkrag. Pragtige uitsig en lekker stapgeleenthede. Vriendelike en behulpsame gasvrouens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elisma O
Kort verblyf
5.0
Sep 2023

Lekker gebly! Skoon en alles wat jy nodig het. Blêrrie netjies! Ons het baie lekker gebly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anneke V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Ongelooflike natuurskoon op 'n pragtige afgeleë plaas. As jy hou van stilte en rus, maar tog gemak soek, is dit die plek vir jou. Pragtige huis, pragtige natuur, lekker oefening om hekke oop- en toe te maak, wonderlike gasvroue. Baie lekker, baie dankie Elise en Ina!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ina
Kamas Plaas
Hello Tineke - hoe heerlik om van julle te hoor. Baie dankie, ek waardeer die terugvoering. Voorspoed vorentoe en ons hoop om weer te sien. Baie groete, Ina

Elmari R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2023

Besonder keurige en skoon verblyf. Die huis is smaakvol en baie goed toegerus. Die stilte is wonderlik. Die helderste sterre wat ons al beleef het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ina
Kamas Plaas
Beste Elmari, Baie dankie vir julle terugvoer, ons streef daarna om te verbeter soos die tyd aanstap, ons is nog in ons kinderskoene. Maar dit was heerlik om julle hier te kon ontvang. Veilige terugreis en mag dit n wonderlike jaar verder wees. Hoop om julle weer te sien. Groete, Ina

Ronelle R
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Jul 2023

Baie lekker Die pragtigste huis, diep in die berge,ver van die hoofpad, maar absoluut die moeite werd. Ons is verwelkom deur 2 wonderlike susters van die Namakwaland. Sal beslis aanbeveel en self weer terugkom om langer te bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Ina
Kamas Plaas
Baie dankie vir die prag woorde. Was heerlik om julle te ontmoet. Kom loer gerus weer in. Veilig wees. Blessings. Ina en Elise

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf
Vanaf R2 000
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R2 000
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kamas-plaas, Garies, Namakwaland, 8220, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdd33a1f107ca77168607b8eeecd471469195a083438bff4116739632ebf30c0ae95830a86da34d7c99b01991cfd8ab0231ee?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag, vir 6 mense 20 5 1 5 Kamas Farm Garies 8220 Noord-Kaap 021 201 8901 10:00-19:00 10:00 -30.686575187138 18.216536304026

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang