Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Kambiki Farm Camping

Kampeer/karavaan
  • Kapasiteit: 60 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uap Plaas, Deel 4, Upington, 8800, Noord-Kaap
  • Vanaf R400 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Kambiki Farm Camping is tussen welige wingerde en hoë bome en bied 'n rustige oornagplek vir reisigers op pad na Kgalagadi-oorgrenspark of Namibië. Dit is net 12 km vanaf Upington op die M14 geleë en is 'n ideale toevlugsoord op 'n plaas.

Dié kamp bied verblyf in 2 semi-selfsorg-chalets met slaapplek vir 2 gaste elk of 14 kampeerplekke met plek vir 4 gaste elk. Vier van hierdie kampeerplekke het privaat ablusiegeriewe en elektrisiteit, terwyl gaste op die ander 10 kampeerplekke gedeelde ablusiegeriewe gebruik en geen elektrisiteit het nie.

Albei chalets het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Hulle het ook elkeen 'n kombuisie wat met 'n enkelplaat-gasstoof, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n eetarea.

Alle gaste het toegang tot braaigeriewe en 'n klein plonspoel op die perseel. Daar is groot bome vir skadu en boorgatwater om te drink.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Marna L
Saam met lewensmaat
5.0
Sal definitief weer daar gaan bly as ek in die omgewing is. Rustige plaas atmosfeer. Baie vriendelike en hulpvaardige eienaars. Mooi netjiese tuine, a...
Sien meer
Mei 2025
Johan C
Saam met lewensmaat
5.0
Kambiki was 'n aangename oornag ervaring met 'n vriendelike gasvrou. Ons het die privaat ablusie geriewe baie geniet.
Apr 2025
Willie M
5.0
Ek sal weer hier oornag. Beslis waarde vir geld. Uitstekende verblyf. Eienaars is vriendelik en baie professioneel. Die ablusiegeriewe is uitstekend.
Apr 2025
Helen S
Saam met vriende
5.0
Pragtige plekkie met netjiese tuine. Ons het baie lekker gebly. Alles was netjies en skoon. Baie goeie waarde vir geld en as 2 dames het ons glad nie ...
Sien meer
Apr 2025
Luhandre L
Saam met lewensmaat
5.0
Great. Beautiful stay. A must stop when going through Upington. Bathrooms are clean, very private. And there is a nice sunset pool.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

C M Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 8 maande

Ligging

  • Uap Plaas, Deel 4, Upington, 8800, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kambiki Farm Camping het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 60 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Uap Plaas, Deel 4, Upington, 8800, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb412d7a83c3e4cc7684fa7e1085decf0a04346bbb70a532d053e29a5d7cec78773e747739de660abd51ed4a6f1217710b3da?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R400 per nag (plek vir 4) 8 5 1 5 Farm Uap Part 4 8800 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.420252527767 21.3617654214

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
262728293031123456789101112131415161718192021222324252627282930123456
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
262728293031123456789101112131415161718192021222324252627282930123456