Kambiki Farm Camping
- Kapasiteit: 60 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uap Plaas, Deel 4, Upington, 8800, Noord-Kaap
- Vanaf R400 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Kambiki Farm Camping, geleë tussen welige wingerde en hoë bome, bied 'n rustige oornagplek vir reisigers op pad na Kgalagadi Oorgrenspark of Namibië. Geleë net 12 km vanaf Upington op die M14, is dit 'n ideale plaas-ontvlugting.
Dié kamp bied die keuse van óf 2 semi-selfsorg-chalets wat elk 2 gaste kan akkommodeer óf 14 kampeerplekke wat elk 'n maksimum kapasiteit van 4 gaste het. Vier van hierdie kampeerplekke het privaat ablusiegeriewe en elektrisiteit, terwyl die ander 10 kampeerplekke van gedeelde ablusiegeriewe gebruik maak en geen elektrisiteit het nie.
Die chalets is albei ingerig met 'n dubbelbed en sluit 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet in. Boonop het hulle 'n kombuisie wat toegerus is met 'n eenplaatgasbrander, yskassie, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook spasie waar gaste hul etes saam kan geniet.
Braaigeriewe is beskikbaar vir alle gaste op die perseel. Daar is groot bome vir skadu en boorgatwater vir drinkdoeleindes. Alle gaste het ook toegang tot 'n klein plonspoel om op daardie warm somersdae af te koel.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Uap Plaas, Deel 4, Upington, 8800, Noord-Kaap
Sien meer verblyf in Upington Kalahari Noord-Kaap
- Kapasiteit: 60 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Uap Plaas, Deel 4, Upington, 8800, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang