Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kameelboomkoelte

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 57 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Christa B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2024

Rustig en vreedsaam, veilige, hartlike verblyf in die Kalahari. Pragtige verblyf, skoon en netjies, goed toegerus met alles wat mens kan nodig hê! Die swembad en lugversorger was presies wat ons nodig gehad het in die hitte. Die hartlike verwelkoming was 'n lekker bederf, baie dankie! Ons sal beslis weer gaan kuier en hierdie keer langer bly!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nina
Kameelboomkoelte
Liewe Christa! Baie dankie vir jou mooi resensie oor julle verblyf by ons! Waardeer opreg...! Julle is altyd welkom! Baie dankie weer eens, Kieka & Nina

Willie G
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2024

Beste waarde vir geld. Het bitter lekker gebly en vriendlike mense.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nina
Kameelboomkoelte
Beste Willie, baie dankie vir jou mooi resensie oor ons.... Waardeer opreg baie. Weet net jy is altyd welkom by ons; die Kalahari kruip bitter vinnig onder jou vel in... Voorspoed! Kieka & Nina

Marie-mari M
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2024

Kameelboomkoelte se verblyf was voortreflik! Ons het heerlik gebly! Nina se gasvryheid laat dit voel of jy by 'n vriend is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Louis V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2024

Pragtige plek en goed toegerus. Van bespreking af tot by vertrek was dit een aangename ervaring. Nina het dadelik na bevestiging van bespreking nuttige addisionele inligting aangestuur. Die chalets is mooi, netjies en baie goed toegerus. Iemand het duidelik toeriste se behoeftes baie goed deurdink. Daar is kragpunte (gewone driepunt - nie blou karavaanprop nie) by die parkeerafdak om jou sleepwa se krag in te prop. Die kombuisarea op die stoep langs die braai is 'n wenner vir 'n braaier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nina
Kameelboomkoelte
Whaau, baie baie dankie beste Louis vir jou mooi resensie oor ons plek. Dit is altyd vir my 'n riem onder die hart as gaste so ekstra tevrede is, en klein goedjies oplet! Julle is altyd welkom, en ons glo ons sien julle sommer vinnig weer vir 'n Kalahari ruskansie! Baie baie dankie! Groete, Kieka en Nina

Rina S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2024

Goeie gehalte verblyf. Baie lekker gebly. Chalets mooi ingerig met alles wat nodig is. Lekker warm geslaap. Skoon en baie netjies. Vriendelike gasvrye mense.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nina
Kameelboomkoelte
Beste Rina! Baie dankie vir jou mooi resensie na jou verblyf by ons. Dis altyd lekker om so iets te hoor, en jy kan weet jy is altyd welkom! Veilige reis verder en ons ontvang jou graag weer enige tyd! Groete, Kieka en Nina

Estelle C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Ruim, veilig en pragtig! Een van die mooiste plekke waar ons al gebly het! Nina en Kieka is uitstaande gasvroue. Baie dankie. Alles wat jy mag nodig kry en nog meer! Heerlike beddens. Die toeknyp-rooster is elke dag gewas (raar) en mens kuier heerlik op die stoep met die groot tafel. Ons sal graag weer wil teruggaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Esta H
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Pure, luukse bederf! Dit was louter genot! Van die vriendelike verwelkoming by aankoms tot die gasvrye gasvrou was tops!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nina
Kameelboomkoelte
Vreeslik dankie julle vir mooi woorde! Julle was heerlike gaste, en is altyd welkom! Liefde Kieka & Nina

Sarel M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Weereens puik diens, baie dankie vir die vriendelike, hartlike ontvangs, Kieka. Puik akkommodasie, uitstekende diens, kan met vrymoedigheid aanbeveel word.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nina
Kameelboomkoelte
Vreeslik dankie liewe Sarel en Ina, julle voel soos eie familie al! Baie dankie vir mooi terugvoer. Julle weet julle is altyd welkom... 'Kooi'kies' is altyd reg! Vrede en

Gernot C
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Jan 2024

Top stopover in the Kalahari. Very nice, relatively new, well-equipped cabins with excellent air conditioning (absolutely essential when it's 40 degrees outside!) and a very nice manager. The only downsides: no WiFi and no table and chairs inside (Unfortunately, the interior planning of the cabins was probably a bit poor in this respect, as there would have been room for a table and chairs if the bathroom area had been a bit smaller). All in all, absolutely recommended for a one-day stopover (we were there for three days).

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerhard C
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2023

Absoluut ongelooflik! Dit is pragtig en daar is niks waaraan hulle nie gedink het nie. Was regtig 'n fees om daar te kon tuisgaan, en ons is spyt dit was net vir 1 aand - hopelik kan ons weer gaan, en hierdie keer beslis langer! Baie vriendelike ontvangs, en die gasvrou is baie behulpsaam. Sal ander oorslaapplekke verbyry (al gaan die reis dan langer wees) net om daar te kan gaan ontspan en rus. Die foto van die huisie is presies die een waarin ons gebly het - stunning!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Nina
Kameelboomkoelte
Vreeslik dankie Gerhard vir jou spesiale mooi terugvoering aan ons. Ons is baie bly dat julle dit geniet het en weet net, ons deure is altyd oop vir julle! Groete Kieka & Nina

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Nina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 57

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kameelboomstraat 55, Askham, 8814, Noord-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3uLWzD8BvtyZAyoJDJd7tb3tfvgkAXHLIClpww1kI7pJQzlkCx?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense 57 5 1 5 55 Kameelboom Street Askham 8814 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.983954464449 20.782956006951

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang