Kameelboomkoelte
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 14 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kameelboomstraat 55, Askham, 8814, Noord-Kaap
- Vanaf R1 700 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Kameelboomkoelte is in Askham in die Noord-Kaap geleë, en bied oornagverblyf aan enkelreisigers, paartjies, gesinne en groepe onderweg na die Kgalagadi-oorgrenspark, Namibië en Botswana.
Daar is verskeie eenhede waarvan 1 rolstoelvriendelik is. Elke eenheid het lugversorging, 2 driekwartbeddens, 'n bad, stort en privaat toilet. Linne en handdoeke word voorsien, maar bring asb. jou eie swemhanddoeke saam.
Elke eenheid het 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaat-induksiestoof, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Elke eenheid het ook 'n TV met sekere DStv-kanale, ingeboude braai, onderdakparkeerplek en 'n kragpunt vir 'n karavaan of waentjie.
Daar is 'n gemeenskaplike swembad en 'n braai-area, maar elke chalet het sy eie braaigeriewe. Maaltye is op versoek beskikbaar en moet vooraf met die eienaar gereël word. Dit word deur Diamond T Coffee Shop gedoen.
Die Diamond T Koffiewinkel bedien heerlike ligte etes en is sowat 900 m verder in die hoofstraat. Askham is 'n klein dorpie met 'n algemene handelaar, 'n kliniek, 'n NG Kerk, koöperasie, drankwinkel en 'n vulstasie.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Rolstoelvriendelik
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Nina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 56
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Kameelboomstraat 55, Askham, 8814, Noord-Kaap
- Gaste dink Kameelboomkoelte het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Askham Kalahari Noord-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kameelboomstraat 55, Askham, 8814, Noord-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang