Kammakaap
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 166, Hoek van Kantoor- en Krugerstraat, Kaapschehoop, 1203, Mpumalanga
- Vanaf R2 000 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Kammakaap is 'n selfsorgkothuis in Kaapschehoop, Mpumalanga. Die kothuis is naby talle besienswaardighede insluitend die Sudwala-grotte, Krugerwildtuin, Sabie en die Laeveld Nasionale Botaniese Tuin in Nelspruit.
Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n bad, toilet en wasbak en die tweede badkamer het 'n stort en wasbak.
Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Hierdie area lei na die leefarea met 'n rusbank. Die stoep het 'n braai-area, etenstafel met stoele en 'n gemaklike rusbank. Daar is ook 'n klein plaasstyl-dam waarin gaste kan afkoel. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die mistige bergdorpie spog met vrylopende perde, prentjiemooi voetslaanroetes wat deur die beroemde rotsformasies kronkel, 'n maklik bereikbare waterval en restaurante. Die voetslaanroetes bied 'n pragtige uitsig oor die De Kaap-vallei wat die tuiste van talle skaars voëls is - 'n spesiale plek vir voëlkykers.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Chriselda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Erf 166, Hoek van Kantoor- en Krugerstraat, Kaapschehoop, 1203, Mpumalanga
- Gaste dink Kammakaap het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 166, Hoek van Kantoor- en Krugerstraat, Kaapschehoop, 1203, Mpumalanga