Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kamp Schelmhoek in Frieden

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 48 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schelmhoek Plaas, Moordenaars Karoo, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Vanaf R280 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kamp Schelmhoek in Frieden is ideaal vir gaste wat op soek is na rustigheid en natuurlike skoonheid eie aan die Karoo. Dié plaas is in die Moordenaars Karoo-streek in Laingsburg, 42km vanaf die dorp.

Die Bosduif- en Mossie-tente het elk 5 matrasse en gaste gebruik die gedeelde ablusiegeriewe met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is 'n waterpunt, privaat parkeerplek, 'n braai-area en boma met 'n lapa.

Die kombuis is met 'n gasstoof, wasbak, eetgerei en yskas toegerus. Daar is bordspeletjies en 'n eerlikheidsboks met gepekelde en ander items. Hout is beskikbaar.

Die Skilpad-karavaan bied slaapplek aan 2 gaste met beddegoed en eetgerei en 'n gasstoof. Gaste moet hul eie handdoeke saambring.

Die Kudu, Klipspringer-, Erdvark- en Meerkatgat-kampeerplekke is geskik vir karavaan- of tentkamp vir 8 gaste. Elke kampplek het slegs 'n waterpunt en 'n braai-area. Gaste het toegang tot 'n gedeelde ablusieblok met 'n stort, toilet en wasbak.

Die Wild-kampeerarea is geskik vir kampeerders wat onafhanklik en op hul eie op die plaas wil kamp. Gaste kan enige plek langs die 4x4-roete met ruwe terrein, buite die res van die kampeerplekke, kies.

Die verblyf is troeteldiervriendelik en onafhanklik van die tradisionele kragnetwerk. Daar word sonkragligte voorsien. WiFi is nie beskikbaar nie, maar sekere dele van die plaas het selfoonopvangs.

Daar is 'n swembad waar gaste op 'n warm dag kan afkoel en sommer ook braai. Gaste kan putt-putt speel, gaan stap, draf, fietsry, vierwielmotorfietsry of sterrekyk. Daar is 'n kinderfietsrybaan en gaste kan dalk wilde diere sien.

Daar is 4x4-roetes wat oor 31 km strek, asook 'n roete vir 2x4-voertuie, wat 8 km lank is. Gaste kan 'n afspraak maak om hierdie roetes te verken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Ralie Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 8 maande

Ligging

  • Schelmhoek Plaas, Moordenaars Karoo, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kamp Schelmhoek in Frieden het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Klein Roggeveld Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R280
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R280
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 48 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schelmhoek Plaas, Moordenaars Karoo, Laingsburg, 6900, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeeb7a038148afe175ee5fe094c34d3445f8034a130ef1aeb98f969cb3da875e82fa6569de32d2bc548776a597d64ac1cf982?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R280 per nag, vir 2 mense 2 5 1 5 Schelmhoekplaas Moordenaars Karoo 6900 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.990573019808 20.915849804878

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang