Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kandelaars Cottage

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 12 op die Gamtoobergplaas, Oudsthoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 680 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Kandelaars Cottage is 'n selfsorgplaashuis wat langs die R328-hoofweg geleë is, sowat 10 km vanaf Oudtshoorn op 'n werkende volstruisplaas. Die kothuis is weggesteek, net ver genoeg om die plattelandse gevoel te hê, maar tog is dit maklik toeganklik vir gaste na en van hul verlangde bestemmings. Kandelaars Cottage is liefdevol gerestoureer; die omgewing van heuwels, die Kandelaarsrivier, die naburige landerye en volstruisplase dra alles by tot hierdie sonderlinge kothuis se onmiskenbare bekoring.

Dié gemeubileerde huis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-stortbadkamer; die tweede slaapkamer het 'n stapelbed met 'n stort en suite-badkamer, en die derde en vierde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens met 'n stort en suite-badkamer.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus en bevat die nodige toebehore om maaltye voor te berei en te kook. Die sitkamer het tonemeubels en lei na die stoep, wat lieflike uitsigte oor die area bied om te bewonder. Aan die agterkant van die huis is daar 'n braaigeriewe waar gaste van kan gebruik. Parkeerplek is beskikbaar vir voertuie.

Die natuurliefhebber en buitelewe-entoesias kan stap- en fietsryroetes geniet deur die ongerepte Karoo-landskappe, waar voëllewe en klein wildsbokke rondom die huis volop is. Die kothuis is ontwerp om deur gaste oud en jonk geniet te word, vir 'n ontspanne vakansie, naweekwegbreek of 'n vinnige oorslaap.

Die natuur, skoonheid, privaatheid en die eenvoudiger dinge in die lewe is die kern van die ervaring wanneer jy Kandelaars Cottage besoek. George Lughawe is gepas 73 km vanaf die kothuis.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Stapelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Susara L
5.0
Baie lekker gebly en heerlik geslaap. Baie lekker gebly! Fantastiese blyplek. Baie veilig en net 'n paar minute van Oudtshoorn. Heerlike varsgebakte b...
Sien meer
Nov 2024
Rialene E
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik ontspanned na 'n lang dag se reis. Pragtige plaas kothuis. Die varsbrood en wyn was 'n groot bederf. Ons het net een aand oorgeslaap, sou graa...
Sien meer
Aug 2024
Jetske F
Gesin met tieners
5.0
Hierdie selfsorghuis was 'n ware oase. Ruim genoeg en knus ingerig. Lieflike bed. Hierdie selfsorghuis was 'n ware oase. Ons het heerlik gebly.
Mrt 2024
Carina D
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik ruim en netjies! Alles wat 'n mens nodig het en 'n lekker braaiplek. Netjies en ruim.
Nov 2023
Linda T
5.0
Stilte en gasvryheid in oormaat! Alles was lekker! Veral die wyn en brood, baie dankie!
Nov 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Elmarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 31

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Erf 12 op die Gamtoobergplaas, Oudsthoorn, 6620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kandelaars Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 680
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 3 680
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 12 op die Gamtoobergplaas, Oudsthoorn, 6620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAiplABmxUBZtwqJusZvFKGgADoyBHF8F7ar4WVaphOOzbro714E?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 680 per nag, vir 8 mense 31 5 1 5 Portion 12 of the farm Gamtooberg Oudsthoorn 6620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.690216072156 22.151936762396

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang